top of page

Kan jy wakker bly?



Indien iemand nou vir my sê: “Word wakker tjom!”, beteken dit nie dat ek uit ‘n fisiese slaap moet wakker word nie. Dit beteken eerder dat daar iets is waarvan ek nie van bewus is nie of nie kan sien nie. Dit kan dalk intellektueel, emosioneel of geestelik wees.

Een groot tema in Bybel is: Word wakker! Word inteendeel NOU wakker voordat die dood jou wakker maak!

Jesus sê ook op een plek wanneer Hy praat oor moeilike tye: “And what I say to you I say to all: Stay awake.” Mark. 13:37. Dieselfde hoor jy by Paulus: “Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn.” Ef. 5:14. En hier skryf hy nie vir ongelowige mense nie, maar gelowiges. Godsdienstigheid verseker nie dat jy wakker is of dinge kan sien soos wat dit werklik is nie. Inteendeel ons gaan kyk hoe Jesus waarsku dat godsdiens jou kan verdoof en aan die slaap sus.

Ons gaan Sondag kyk na die mooiste venster waar ‘n mens kan sien hoe Jesus ook weier om te slaap in die moeilikste tyd van sy lewe die grootste deurbraak ervaar. Sy raad aan die dissipels was waak en bid. Hulle kon net bid, maar nie waak nie.


- Deur Theo Geyser

bottom of page