JOU storie, MY storie, ONS storie


Ons gaan Sondag luister na Mauritz, Ounin, Eulogy en Nicol se geloofsreise. Dis van die oorspronklike “InVianiete” wat al jare lank saam met ons gemeenskap reis. Ek is so bly om deel te kan wees van sulke ongelooflike mense in ons gemeenskap! Hulle stories help ons om die fases van geloof beter te verstaan.

Ons praat baie oor die verskillende bewegings, fases of seisoene by Invia waarvan ons geloofsreis maar een is. Ek hoop die beskrywing en taal maak jou ongemaklik met die verskillende fases. Is daar nie eerder net twee fases: Die regte en verkeerde een? Is die een beter as die ander? Klim ‘n mens ‘n leer van onder na bo? Moet mens nie so gou as moontlik by heelheid kom? Is daar nie maar ‘n groot stuk ego in al die fases nie? Vrae soos hierdie en baie ander kan ons help beter te verstaan hoe die fases in ons lewe werk.

Ons gesels Sondag hoe ons die verskillende fases in ons lewe integreer anders kan selfs die fases die grootste struikelblok in geloof wees!


- Deur Theo Geyser