top of page

Hoe weet ek dis die waarheid?

Sep 4
13 min read


Come my Way, my Truth, my Life

Such a Way as gives us breath, 

Such a Truth, as ends all strife,

Such a Life, as killeth death,

George Herbert


My pa vertel my nou die dag ‘n storie (ons weet nie of dit waar is of nie). ‘n Man sleep sy tannie hof toe na sy ‘n astronomiese bedrag gewen het met die Lotto. Hy eis ‘n groot deel van die jackpot omdat hy bitter hard gebid het dat sy moet wen. Dit is dus aan hom, of dan sy “aktivering” van God (die druk van die regte knoppies, die crack van die kode, die direkte lyn hemel toe), te danke dat sy nou skatryk is. Is wat hy sê waar? Hoe sal ons weet? Kon dit bewys word? Natuurlik nie. So: saak uitgegooi.


Dis gevaarlik om oor waarheid te praat asof dit iets is wat mens kan besit, opgaar, vries of droog. Dis net so gevaarlik om nooit oor die waarheid te praat nie, juis omdat jy nie jou hand daarop kan sit, soos die Bybel in die hof nie. 


Ons glo al lankal nie meer mense net omdat hulle sê “So help my God” nie. Dit word as ‘n soort punt afgerammel in die hof sonder ‘n komma. Waar is die leestekens as jy dit sê? “So help my, God!” of “So, help my God” of “Só help my God.” En dan weet ons boonop nie of geloofwaardigheid en waarheid dieselfde is nie. The truth and nothing but the truth. Wat ons wel weet, is dat manipulasie seëvier sonder die waarheid.


Een van die bekendste ontmoetings in die Bybel, al word daar nie baie gepraat nie, is tussen Jesus en Pontius Pilatus:


"Pilatus sê toe vir Hom: Is U dan tog 'n koning? Jesus antwoord: U sê dat Ek 'n koning is. Hiervoor is ek gebore en hiervoor het Ek in die wêreld gekom: om oor die waarheid te getuig. Elkeen wie se bestaan in die waarheid gegrond is, luister na my stem. 

Pilatus sê toe vir Hom: Wat is waarheid?"

Joh. 18:37-38


Jesus just stands there in silence in a way that throws Pilate back on his own silence, the truth of himself. What Jesus lets his silence say is that truth is what words can’t tell but only tell about, what image can only point to.

Frederick Buechner


Paganism never gets nearer the truth than Pilate: what is truth? And with that crucifies it.

Soren Kierkegaard


Hierdie vraag het 'n soort balkie van sofistikasie geraak (soos dié van Pilatus). 'n Ander manier van sê sou kon wees: "Wie het tyd vir die waarheid?" Dis amper 'n veronderstelling dat ons dit kan regkry om nié met die vraag van waarheid om te gaan nie en steeds ons gemeenskap en verhoudings aan die gang hou, omdat die vra van hierdie vraag onvermydelike konflik tot gevolg gaan hê, of soos in hierdie geval, 'n gesprekseinde. Omdat Jesus nie die waarheid hoef te verdedig nie. 


Daar is baie gelowiges wat “die absolute waarheid” wil verdedig. By elke tweede troue word 1 Korintiërs 13 voorgelees, maar net tot by vers 7 … die liefde verdra alles … en dan hoor ons nie vers 12 nie:


“Want nou sien ons deur 'n spieël in 'n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.”


“Ons weet.” 


Ons het die regte antwoord, die regte leer, die regte vertaling, die regte interpretasie, die regte groep. 


As hulle wat nie die waarheid kan ken, verwoord en kommunikeer nie, ander van “die absolute waarheid” wil oortuig, wat is hulle eintlik besig om te doen? Volgens Brian McLaren beskerm hulle daarmee nie die Bybelse geloof (wat self bevestig dat mense net ten dele ken) nie. Hulle beskerm moderne rasionalisme, wat selfversekerd is oor die menslike vermoë tot absolute kennis (wat dus teen die Bybel ingaan). Wanneer mense wat die Absolute nie absoluut kan ken nie, nogtans meen dat hulle verstaan van God en die Bybel gelyk is aan die enigste, absolute waarheid, verhef hulle hulle eie beperkte insigte tot absolute waarheid. Teen hierdie soort arrogansie maak postmoderne teologiese insigte beswaar en stel ’n meer beskeie benadering voor. Waar daar respek is vir die grootheid en omvangrykheid van “die waarheid”, sal mense ook beskeie wees oor hulle eie (on)vermoë om dit te verwoord. Elke mens se poging om dit te verwoord, is net ’n beperkte weergawe van “die waarheid”. Elke mens se beperkte weergawe word bepaal en beïnvloed deur byvoorbeeld die denkwêreld waaruit die persoon kom, die kultuur waarin die persoon leef, wat vir die persoon “vanselfsprekende waarhede/werklikhede” is (wat nie noodwendig dieselfde is vir ander mense, selfs uit dieselfde kultuur of geloofsoortuiging nie). Daarby kan nog toegevoeg word: persoonlike ervarings, vooroordele, wanbegrip en leemtes – geen mens is vry van hierdie dinge nie. McLaren stel dit so: “I believe Jesus is true, but I don’t believe Christianity in any of our versions is true .… I believe there is no completely true version of it.” Maar, soos iemand gevra het, “Better the doomy God you know than the roomy God you don’t?”


Aan die ander kant van die “ek-glo-vas(se)” en die “volle waarheid(skenners), is relatiwisme die kenmerk van ons tyd. 


“Wie weet?”


Dit klink aanvanklik nederig, maar kan eintlik ook ‘n baie gemaklike vorm van mag weergee.


Roger Scruton het gesê,  “The man who tells you truth does not exist, is asking you not to believe him. So don`t”. Hoe moet ons daarop reageer? Soos die godsdienstige fundamentaliste wat dinge glo wat die meeste mense nie kan glo nie? Of soos diegene wat `n oosterse soort opvatting van die waarheid omhels menende dat dit dan nie deur die westerse kritiek geraak word nie en soos die filosowe wat oor die waarheid praat op so `n wyse dat daar min van die waarheid oorbly? 


Is daar nie ‘n derde weg nie? ‘n Weg wat juis aandui dat die waarheid inderdaad ‘n pad is en nie ‘n parkeerterrein nie?


Catherine Keller skryf in haar ongelooflike boek “On the mystery”:


The claim of absolute truth is the greatest single obstruction to theological honesty.


… I am suggesting its truth depends on the context of the spirit: is it in touch with the verly love it names? Abstracted from its living relationships, even a proposition about divine love can be cited in “bad faith”. It can be turned into a terrorizing absolute. Such abstraction from text and context, whereby a proposition can then be reinserted unilaterally into any life situation, is the temptation of all forms of truth-language, but above all of theology. It is the fertilizer of every atheism.


What if truth itself is a way, not an endpoint? What if the way and its truth deliver no totalizing absolute – nor deliver us to the indifferent dissolute? What if we are here to find a third way?


We approach not a relativism of anything goes – but a relationalism of: everything flows. Truth is a gift of the present and a grace of relation.


Theology – if it is truth-full – is not a matter of processed truth but of a truth in process.

Die Johannes-evangelie se inleiding is nie net ‘n wonderlike stuk poësie nie. Hier gebruik Johannes die begrip “woord” (logos). Vir die Grieke het dit verwys na die ewige onpersoonlike entiteit wat aan die kern van alle koherensie in die kosmos is. Vir die jode het dit beteken die woord van die lewende, persoonlike God waarmee  Hy die kosmos geskep het en nog steeds onderhou. Wanneer Johannes egter verklaar die Woord het vlees geword, identifiseer hy hierdie woord met `n mens genaamd Jesus. Nou bly daar vir die hoorder net een van twee moontlikhede oor: Hy  kan óf ophou luister, want vir beide Griek en Jood is dit onsin dat die logos met `n bepaalde mens geïdentifiseer kan word óf sy kan verder luister en die woord logos anders laat definieer deur die storie van hierdie Jesus. Die taal van hierdie stories sal óf `n hoeksteen wees óf `n struikelblok, dit kan nie maar net nog `n boublok wees saam met ander boublokke nie. 


Hierdie nuwe begin het vir eeue `n intellektuele worsteling meegebring. Sommige kon nie insien dat die evangelie enigsins met die klassieke tradisie kon paar nie, terwyl ander gesoek het na die grootste gemene deler. Dit het `n totaal nuwe manier van dink oor God meegebring. As God mens geword het, beteken dit dat die dualisme tussen die materiële en geestelike wêreld en die dualisme tussen “wees” en “word” wat vir die klassieke denke belangrik is, nie meer van belang is nie. As jy hierdie twee dualismes aanvaar kan jy nie aanvaar God het mens geword nie, en omgekeerd: glo jy die getuienis van die apostels, moet jy heel anders oor God dink. Die nuwe begin het beteken die uiteindelike werklikheid (“ultimate reality”) kan geken word. Dit het kenbaar geword in Jesus.


In Joh. 14 lees ons:


“Laat julle harte nie ontsteld wees nie. Glo in God, glo ook in My. In die huis van my Vader is daar baie woonplek. As dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek voor te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek voorberei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is. Julle ken die weg na die plek waarheen Ek gaan.” Thomas sê vir Hom: “Here, ons weet nie waarheen U gaan nie; hoe kan ons dan die weg ken?” Jesus sê vir hom: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.”


Thomas vra vir inligting oor die bestemming. Jesus gee hom ‘n manier van lewe. Die vroeë Christene is in Handelinge eenvoudig “Die Weg” genoem. Waarheid is altyd op pad. Nie omdat dit onbetroubaar is nie, maar omdat ons begrip daarvan nooit volledig is nie. En tog het Jesus se antwoord een van die grootste Christelike shibbolette geword. (Gaan lees gerus Rigters 12 – eeue-oue ding!) Een van die Groot Vyf (verse) waarmee ons mense in kampe plaas, verdeel, verhef of verlaag, insluit of hel toe stuur. Die een wat mense gebruik om Jesus ín die pad te sit terwyl Hy sê Hy ís die pad. Die een wat van die waarheid ‘n muur maak, waar ‘n pad was. Die vers wat sonder asemhaling in een sin afgerammel word om ‘n STOP-teken aan te bring. Of eerder, “n GEEN UITGANG-bordjie.


Die Christen se shibbolet en Pilatus se skouerophaling het toe iets in gemeen: albei sê “No exit en “No entrance” waar daar ‘n pad was. Waar daar ‘n weg ís.


Truth received begins – it does not end – a journey.

Daniel C. Maguire


Sheila Cussons het geskryf, “Jy het my geteken vir die avontuur van Jóú…” Hierdie reis kan ‘n groot avontuur óf ‘n lewenslange vonnisoplegging wees. As ons die reis kies, is daar enige rigtingwysers? Hoe weet ek dis die waarheid? Ek het aan so paar gedink.


Die eerste “padpredikant”: Waarheid klink soos vryheid 


“Julle sal die waarheid ken en die waarheid sal julle vrymaak.”  

Joh. 8:32


Die woord wat hier vir “ken” gebruik word, is veel meer as kennis of inligting. Dis dieselfde woord wat gebruik is in Genesis toe Adam vir Eva beken het. Dis intieme kennis, dis gemeenskap … As my “waarheid” my meer angstig, veroordelend en paranoïes maak, my meer selfversekerd, maar minder oop vir ander maak, moet ek vra, “Is dit die waarheid of is dit my behoefte aan sekerheid?” Ware waarheid het ‘n bevrydende kwaliteit. Dit maak ruimte. Dit gee asem.  Die waarheid oor waarheid is dat dit scan vir shibbolette soos vir ‘n virus.


Die tweede “padpredikant”: Waarheid lei na vrede


"Dit is die dinge wat julle moet doen: Praat onder mekaar die waarheid; beoefen in julle stadspoorte slegs regspraak wat waar is en tot vrede lei ...Verder moet julle waarheid en vrede liefhê."

Sag. 8:16, 19


Die Bybel se waarheid is nie ‘n wapen wat ek mag gebruik omdat ek toevallig die regte ammunisie (versie) het nie. Vra jouself, “Wat gebeur met die lug en die ruimte rondom my wanneer ek hierdie waarheid praat? Word dit groter of kleiner? Word mense meer mens of word hulle vyande?


Die derde “padpredikant”: Waarheid ruik soos genade


"En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon — en ons het sy heerlikheid aanskou, 'n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom — vol van genade en waarheid." 

Joh. 1:14


Wat waar is, ruik soos genade. Nie soos triomf nie, nie soos vernedering nie, nie soos “ek het jou mos gesê” nie. Dis nie genade of waarheid nie; dis genade én waarheid. Wanneer waarheid vlees word, kry dit ‘n gesig en hande. Dit sit by tafels. Dit huil. Dit raak melaatses aan. Dit eet saam met mense wat ander mense afgeskryf het. Dit vergewe. Daarom: as my waarheid nie soos Jesus begin lyk nie, moet ek weer gaan kyk – is dit die waarheid of net ‘n baie goeie argument?


Die vierde “padpredikant”: Waarheid kan net deur liefde gedra word


Daar is net twee definisies van God in die Bybel: God is liefde en God is gees. (Joh. 4:24). God se woord is dus nie ‘n proefskrif nie. God het nie God se identiteitsdokumente vir ons nagelaat na die Ou Testament en die Nuwe Testament as die Nuutste Testament nie. Liefde. Gees.


Net Liefde kan waarheid vashou.


“… sodat ons nie meer klein kindertjies sal wees nie, wat deur onstuimige golwe rondgeslinger word en rondgewaai word deur elke wind van lering, deur mense se slinksheid en die gekonkel waardeur hulle dwaling beplan; maar dat ons eerder, terwyl ons in liefde aan die waarheid vashou, in alle opsigte na Hom toe sal groei. 

Ef. 4:14-15


Die vyfde “padpredikant”: Waarheid is grond-ig / na aan die aarde


Ek het nie ‘n Bybelvers hiervoor nie, maar daar is Yeats:


The coming of wisdom with time


Though leaves are many, the root is one;

Through all the lying days of my youth

I swayed my leaves and flowers in the sun;

Now I may wither into the truth


William Butler Yeats


Parker Palmer skryf so daaroor:

Actively embracing aging gives me a chance to move beyond “the lying days of my youth” and “wither into the truth” – if I resist the temptation to Botox my withering.

My youthful “lies” weren’t intentional. I just didn’t know enough about myself, the world, and the relation of the two to tell the truth. So what I said on those subjects came from my ego, a notorious liar. Coming to terms with the soul-truth of who I am – of my complex and often confusing mix of darkness and light – has required my ego to shrivel up. Nothing shrivels a person better than age: that’s what all those wrinkles are about!


Whatever truthfulness I’ve achieved on this score comes not from a spiritual practice, but from having my ego so broken down and composted by life that eventually I had to yield and say, “OK, I get it. I’m way less than perfect.” I envy folks who come to personal truth via spiritual discipline: I call them “contemplatives by intention.” Me, I’m a contemplative by catastrophe.


Die sesde “padpredikant”: Waarheid is Een / bind saam


Cynthia Bourgeault skryf, “We begin to discover that our Buddhist and Jewish and Islamic and Hindu friends are not competitors. Religion is not a survival of the fittest. There is a deep understanding that we all swim together or we sink together. Each religious tradition reveals a colour of the heart of God that is precious.” As the old saying goes, do you want to be right or do you want to be in relationship? If it is true, it is common domain, and “there for the mind to see in the things that God has made” (Rom. 1:20). 


Of, soos Thomas van Aquinas graag gesê het, “If it’s true, it is always from the one Holy Spirit.” The important question is not, “Who said it?” but, “Is it true?”


Die sewende “padpredikant”: Waarheid het ‘n baie hoë signal-to-noise ratio


Ons leef in ‘n wêreld met meer inligting as ooit. Inligting beteken egter nie waarhied nie. Daar is podcasts, hot takes, TikTok, Facebook, Instagram, AI, influencers, preke, memes, algoritmes. Ons probleem is nie ‘n gebrek aan “hulpbronne” nie, maar om te besluit waaraan ons gaan aandag skenk. Die waarheid is dikwels nie die hardste stem nie. Trouens, geraas skree. Sein hoef nie. “Elkeen wie se bestaan in die waarheid gegrond is, luister na My stem.”


Tussen die dodelike spieëlspel van “Absoluut!” en die “Whatever, is daar “ derde weg. Tussen “Ek weet” en “Niemand weet niks nie” sê hierdie pad, “Kom ons soek saam.” Misterie beteken nie om niks-te-wete nie, maar oneindige kennis. Ons kan nie hierdie misterie oplos nie, maar ons kan oopbly daarvoor. Die teenoorgestelde van die waarheid is dalk nie die leuen nie, maar eerder om geslote te leef (wat ‘n leuen op sig self is). Die waarheid van Christus sluit ons oop. Oop vir God. Oop vir ander. Oop vir “verkeerd” wees. Oop vir verwondering. Oop vir die moontlikheid dat God groter is as ons taal oor God. Oop om vrae te vra. Die woord “arrogant” kom van nog ‘n regsterm arogos af. Dit beteken, “I have no further questions.”


En na hierdie mini-tesis, wat ek hoop jy as ‘n reis – stukkie vir stukkie – aangepak het, sluit ek ‘n deel uit Frederick Buechner se boek “Telling the Truth – The Gospel as Tragedy, Comedy and Fairy Tale” in … te goed om nie waar te wees nie!


“Let the preacher take heart. He is called not to be an actor, a magician, in the pulpit. He is called to be himself. He is called to tell the truth as he has experienced it. He is called to be human, to be human, and that is calling enough for any man. If he does not make real to them the human experience of what it is to cry into the storm and receive no answer, to be sick at heart and find no healing, then he becomes the only one there who seems not to have had that experience because most surely under their bonnets and shawls and jackets, under their afros and ponytails, all the others there have had it whether they talk of it or not. As much as anything else, it is their experience of the absence of God that has brought them there in search of his presence, and if the preacher does not speak of that and to that, then he becomes like the captain of a ship who is the only one aboard who either does not know that the waves are twenty feet high and the decks awash or will not face up to it so that anything else he tries to say by way of hope and comfort and empowering becomes suspect on the basis of that one crucial ignorance or disingenuousness or cowardice or reluctance to speak in love any truths but the ones that people love to hear.


Switching on the lectern light and clearing his throat, the preacher speaks both the word of tragedy and the word of comedy because they are both of them of the truth and because Jesus speaks them both, blessed be he. The preacher tells the truth by speaking of the visible absence of God, because if he doesn’t see and own up to the absence of God in the world, then he is the only one there who doesn’t see it, and who then is going to take him seriously when he tries to make real what he claims also to see as the invisible presence of God in the world? Sin and grace, absence and presence, tragedy and comedy, they divide the world between them and where they meet head on, the Gospel happens. Let the preacher preach the Gospel of their preposterous meeting the high, unbidden, hilarious, mysterious thing it is.


Let the preacher tell the truth. Let him make audible the silence of the news of the world with the sound turned off so that in that silence we can hear the tragic truth of the Gospel, which is that the world where God is absent is a dark and echoing emptiness; and the comic truth of the Gospel, which is that it is into the depths of his absence that God makes himself present in such unlikely ways and to such unlikely people that old Sarah and Abraham and maybe when the time comes even Pilate and Job and you and I laugh till the tears run down our cheeks. And finally let him preach this overwhelming of tragedy by comedy, of darkness by light, of the ordinary by the extraordinary, as the tale that is too good not to be true because to dismiss it as untrue is to dismiss along with it that catch of the breath, that beat and lifting of the heart near to or even accompanied by tears, which I believe is the deepest intuition of truth that we have.


Frederick Buechner


- Frieda van den Heever

bottom of page