top of page

Hoe vind ek blydskap in die skadu van bekommernis?



Hierdie week het Jan Oberholzer, die gewese bestuurshoof van Eskom iets aangrypends op RSG vertel. Hulle noem Jan die Eskomiet. Sy pappie het daar gewerk en Jan het vir 31 jaar by Eskom gewerk. Toe hy gevra word waarom hy doen wat hy doen vertel hy die volgende: "Ek het een aand ‘n funksie bygewoon van mense wat vir die eerste keer die luuksheid van elektrisiteit in hulle nedersetting gekry het. Die aand het mense mekaar omhels, gedans, en party het ‘n traan met blydskap afgevee."


"Daar het ek besluit dit is waarvoor ek my lewe wil gee."


Dit was Leon Bloy wat gesê het: “Joy is a sure sign of the life of God in the soul." Daarom is dit nie moeilik om jou lewe te gee vir iets wat jou en ander blymaak nie! God is bron van alle blydskap, en begeer om dit aan almal te gee. "Dit het Ek vir julle gesê, dat MY blydskap in julle kan bly en julle blydskap volkome kan word. " Johannes 15:11.



Kan daar iets groters in hierdie lewe wees as God wat goed is en goed wil doen en ook oor jou glimlag? En as jy daardie glimlag kan sien, sal dit ook op jou gesig wees vir ander om te kan sien.

Dit is wat die hemel is, en tog is daar so min van dit op hierdie aarde.


Ons gesels Sondag oor Paulus se raad om die bekommernisse van hierdie lewe in blydskap te verander.


To reach satisfaction in all desire its possession in nothing. To come to possess all desire the possession of nothing. To arrive at being all desire to be nothing. To come to the knowledge of all desire the knowledge of nothing. To come to the pleasure you have not you must go by the way in which you enjoy not. To come to the knowledge you have not you must go by a way in which you know not. To come to the possession you have not you must go by a way in which you possess not. To come to be what you are not you must go by a way in which you are not. That, and that alone, is a recipe for joy. John of the Cross



- Deur Theo Geyser

bottom of page