top of page

Hoe om in die donker te loop: Saam-saam


Die donker is gevaarlik wanneer jy alleen in die donker probeer loop. En, dan wil jy nog minder hê dat ‘n blinde jou moet lei op die pad! Jy onthou immers Jesus se woorde ” As 'n blinde 'n ander blinde lei, sal altwee in die sloot val.” Matt 15:14.

So, wie het jy nodig?

Mense soos die…

“A friend shows his friendship at all times -it is for adversity that [such] a brother is born.” Prov 17:17.

“But there is a friend who sticks closer than a brother.” Prov 18:24.

“Ek noem julle nie meer diensknegte nie…Ek noem julle vriende…” Joh 15:15.

Dit is vriende uit ‘n ander stal. Hulle word gebore vir donker tye. Hulle is selfs nader aan jou as jou eie broer of suster. Die Arabiere het ‘n gesegde: “Bloed is dikker as melk”. Dit verwys na die verbond of ooreenkoms waarbinne iemand met ‘n ander persoon gaan (in die ritueel is daar altyd bloed) wat ewig is en nooit verbreek kan word nie. Jesus gebruik hierdie verbondsterm wanneer hy sy dissiples later vriende noem.

Die dissipels kry die titel nie met hulle roeping nie, maar eers aan die einde van Jesus se bediening. Ons word ware vriende wanneer ons eers deur die meule van ons saam-wees met ander ons roeping probeer leef. Enige gesonde verhouding beweeg verby pseudo na chaos, en chaos lei to leegheid waar ware vriende gebore word (Scott Peck se model vir 'n ware gemeenskap). Die chaos en leegheid is moeilik en in donker vriendskappe leer ons die lig ken, en uit daardie lig kan ons lewe gee in verhoudings.

Daar is niemand beter as Job wat die pyn van verkeerde vriende in ‘n donker tyd verstaan nie, en hy sê: “God reveals deep things of darkness and brings deep shadows into the light" - Job 12.22.

Ons gesels Sondag oor hierdie meule en hoe ons waarlik Liggaam van Christus vir mekaar kan wees.

The Body of Christ is not out there or over there; it’s in you—it’s here and now and everywhere. The goal is then to move beyond yourself and recognize that what’s true in you is true in all others too.” - Richard Rohr


- Theo Geyser

bottom of page