top of page

Hoe om in die Donker te loop?




Ons sluit Sondag die reeks “Hoe om in die Donker te Loop” af en luister na mense se stories wat deur baie moeilike tye moes loop en nog steeds probeer loop. Ek is diep geraak deur hulle stories en so opgewonde dat daar regtig iets soos ware hoop in God is. Wanneer hoop vlees word gee dit nuwe lewe aan ons. Die hoop kom soms deur dinge wat ons nooit verwag het nie, en deur die genade word ons ook gestroop van hoop wat vals is. David Whyte se gedig, Sweet Darkness, sê dit so mooi: Sometimes it takes darkness and the sweet confinement of your aloneness to learn anything or anyone that does not bring you alive is too small for you.” Hier is so paar navigasie koördinate vir die donker! 1. Bly binne die pyn waardeur jy gaan. Ons wêreldbeeld moet ook pyn en gebrokenheid insluit. 2. Ons gee oor aan die lewe en nie aan die pyn van die lewe nie. 3. Vertrou die proses want dis is God wat ook werk in die donker. “If nature can handle the destruction and reconstruction of a caterpillar into a butterfly, why shouldn’t I surrender and trust that it can handle what is happening to me? “ John Moriarty 4. Wat ons doen in moeilike tye is deurslaggewend wat met ons later gebeur. “New life depend on painful endings”. Thomas Moore


- Theo Geyser

bottom of page