top of page

Hoe loop ek in die donker? Met Liefde wat glo


Van kleins-af het ek gehoor: “Kom binne, dit raak donker!” Die donker was soos die wet van Mede en Perse. Jy luister en doen. Punt. Jy sorg dat jy binne in die huis gaan. Die gevaar van die donker was nog groter in die lig binne die huis, as die donker daarbuite. Ek is geleer skelms loop in die donker rond. Ook, dat monsters en bose mense swart oë het. My skooldae was gevul met baie vrees en die meeste van die tyd het ek eerder met die lig aangeslaap. Baie mense se geestelike reis is soos my kinderjare. Ek veg die donker en is tevrede met ‘n kunsmatige lig waarmee ek aan die slaap raak. Terwyl Covid een groot swart kombers oor die wêreld rol, sien baie Christene dan ook die gebeure as boos en veg die duiwel uit elke bos. Die Antichris kruip al weg in die vaccine. Dalk sal dit help as jy vir ‘n tyd lank in Alsaka gaan bly. Die Yupik mense (of Eskimo’s), glo dat wit weer boos en swart ‘n rein kleur is. Ek kan verstaan hoekom - sneeu en koue kan ook net solank mooi wees! Die volgende paar weke gaan ons gesels oor “Hoe om in die donker te loop”. Ons gaan kyk na hoe ons in die donker ons pad met God kan vind. God belowe ons ook die skatte wat donker tye aan ons kan gee: "And I will give thee the treasures of darkness, and hidden riches of secret places, that thou mayest know that I, the LORD, which call thee by thy name, am the God of Israel." Isaiah 45:3. Amazing grace word soms gebore in die amazing maze… Vir die laaste 10 jaar kuier Johan my broer by InVia en hy gaan die reeks afskop met liefde.


- Geskryf deur Theo Geyser

bottom of page