top of page

Hoe liefde ons harte kan oopsluit...


Hoe raak ‘n mens ontslae van vrees? Nie met dapperheid nie. Net met liefde. “Die volmaakte liefde dryf vrees na buite.” 1 Joh. 4:18-20. Dan moet ‘n mens vra wat sou die volmaakte liefde wees? Ek neem aan daar is ander vorme van liefde wat nie baie help met vrees nie. Bly vir ‘n oomblik net by die kragtige beeld: “Dryf vrees na buite”

Liefde is nie noodwendig die twee bedwelmde paartjies, of ‘n godsdienstige persoon wat ekstaties sing of iemand wat sy lewe vir die armes gee nie. Dit leer 1 Kor. 13 goed vir ons. Dieper geestelike vrae is nodig. Is lief of verlief? Wie het ons regtig lief wanneer ek sê ek is lief? Is ek op myself of die ander verlief? Of verlief op die argetipe wat die persoon verteenwoordig soos die slim doctor of ryk sakeman wat eerder vrees van my sekuriteit aanspreek? Of dalk verlief op die fantasie van die persoon.

Verskeie vakdissiplines stry met hierdie vrae en by sommige is die konklusie eerder: Liefde is ‘n illusie. In Plato se woorde: “Love is ‘n divine madness.”

Johannes van die Kruis sou leer dat liefde is beide: ‘n illusie en dan ook ‘n groter werklikheid wat ons God noem. Ons is lief, reeds omdat ons ook ‘n fantasie van die ander persoon gemaak het, en daarom taan die gevoelens ook later omdat die ilussie nie meer instant gehou kan word nie.

Binne die ontnugtering van liefde kan ons liefde ontdek.

Hierdie pad is nie die liefde wat blind is, of waar ons binne liefde in ‘geval’ het nie. Dis eerder die lang pad waar ons ontdek hoe vrees buitentoe gedryf word en ons liefde as ‘n genadegawe ontvang.

Surrender and abandonment are like a deep, inviting, frightening ocean into which we are drawn. We make excursions into it to test it, to see whether it’s safe, to enjoy the sensation of it. But, for all kinds of reasons, we always go back to dry land, to solid ground, to where we are safe. But the ocean beckons us out anew and we risk again being afloat in something bigger than ourselves. And we keep doing that, wading in and then going back to safety, until one day, when we are ready, we just let the waters carry us away.”

Ruth Burrows


- Deur Theo Geyser


bottom of page