top of page

Hoe lei die Heilige Gees my?



Die Heilige Gees word ook Leidsman genoem. Ons word gelei. Dit is terloops die definisie van ‘n Christen en nie al die ander kwalifikasies wat ons bygevoeg het nie. “Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.” (Rom 8:14).

Die vraag is net hoe?

Dit Heilige Gees is nie ‘n radiostasie waar ek vining inskakel en God se stem kry nie. Jy hoor dikwels die woorde: “Die Here het vir my gesê of die Here het vir my gewys”. Gewoonlik is dit ook experts wat dan vir ander kan sê wat die Here sê, en baie sluk hom hoek, lyn en sinker omdat ons nie Jesus se belofte van die Heilige Gees ernstig opneem nie.

Jesus belowe ons vrede. (Joh 14:27). Dit is in die vrede van God waar ons leiding ky. Die vrede is God se skeidsregter en moet saam met jou oor die lewe besluit.

And let the peace (soul harmony which comes) from Christ rule (act as umpire continually) in your hearts [deciding and settling with finality all questions that arise in your minds, in that peaceful state] to which as [members of Christ's] one body you were also called [to live]. And be thankful (appreciative), [giving praise to God always]. Col. 3:15 (Amp)

Vrede beteken harmonie of heelheid. Daar is altyd kontradiksies binne ons hart, bewegings in verskillende rigtings wat die vrede versteur. Soms maak die verlanges en gemis in ons hart die heelheid onmoontlik.


Ons gesels die volgende paar weke oor hoe die Heilige Gees ons lei en ontmoet in die plekke waar ons dit so nodig het.


- Geskryf deur Theo Geyser

bottom of page