top of page

Hoe laat die Heilige Gees jou getuig?


Ek het groot geword in Standerton en daar is ons geleer dat jy nie oor politiek, kerk en seks in die openbaar praat nie. Dit was maar die Jehova’s, Mormone en sektes wat sulke dinge gedoen het. Om te getuig was sinoniem met geloofsoortuigings. Ek bekeer jou, met ander woorde, om soos een van ons te word.

Die groter probleem met hierdie evangeliese denke is dat alles word gebou op jou betroubaarheid en reputasie (anders doen jy die brand skade!). Dit werk soos sosiale kapitaal: Gedra jou goed, dan kry jy punte wat jy dan kan spandeer. Jy word ‘n verkoopsman en die probleem is - ons ‘oor-verkoop‘ onsself en Jesus. Ek hoor sommer nou die skreeuende TV- evangeliste wat getuig van finansiële voorspoed of goddelike genesing of ekstatiese blydskap as jy Jesus net in jou lewe kry. Jy word ‘n Porche belowe en op die ou end sit jy met ‘n Ta Ta. Ons gesels Sondag oor hoe die krag van die Heilige Gees ons laat getuig. Om te getuig beteken eerder om met 'n nuwe bewustheid te leef. Die gawe van die krag wat ons ontvang is 'n nuwe teenwoordigheid van God en onsself. Paulus noem dit “we have the mind of Christ and do hold the thoughts and feelings and purposes of his heart…” 1 Kor. 2:10-16. Die mind of Christ beteken nie jy is perfek nie, dit beteken eerder dat jy in jou menswees en verwonding ook net soveel meer van God se liefde kan sien en kan deel.

Op die ou end is dit God wat deur ons dade en liefde aan die woord moet kom. Watch what God does, and then you do it, like children who learn proper behavior from their parents. Mostly what God does is love you. Keep company with him and learn a life of love. Observe how Christ loved us. His love was not cautious but extravagant. He didn’t love in order to get something from us but to give everything of himself to us. Love like that.” Ef. 5:1-2


- Theo Geyser


bottom of page