top of page

Hoe kies ek?




Ek lees onlangs hierdie raak in die ontnugterende (ten minste vir iemand wat heimlik dink sy’s ‘n 11 op die Enneagram, want 4 + 7 is 11) boek Essentialism – The Disciplined Pursuit of Less deur Greg McKeown:


In a few hundred years, when the history of our time will be written from a long-term perspective, it is likely that the most important event historians will see is not technology, not the Internet, not e-commerce. It is an unprecedented change in the human condition. For the first time – literally – substantial and rapidly growing numbers of people have choices. For the first time, they will have to manage themselves. And society is totally unprepared for it.


Peter Drucker


… en tog is keuses nie nuut nie:


It is the ability to choose which makes us human.


Madeleine L’Engle


Ons maak elke dag honderde keuses. En elke dag is daar meer opsies op die spyskaart. Dit voel of dit in Shakespearse se tyd eenvoudig was: To be or not to be. En nounet moes ek kies tussen drie verskillende soorte melktipes vir my flat white. Dis na ek moes besluit of ek ‘n cappucino, ‘n cortado, ‘n latte of die flat white


Ek dink dis belangrik om te onderskei tussen opsies, wat ‘n ding is, en ‘n keuse wat ‘n aksie is. Opsies kan vir jou gegee word en van jou af weggeneem word. Om te kies, nooit. Soos Victor Frankl ons herinner: Everything can be taken from a man but one thing: the last of the human freedoms — to choose one’s attitude in any given set of circumstances, to choose one’s own way. 


Ek lees die volgende storie (dis eintlik ‘n grappie, maar mens sê mos maar storie as jy nie weet hoe tough jou crowd is nie) in The Jesuit Guide to (Almost) Everything – A Spirituality for Real Life

‘n Vrou vra haar plaaslike priester vir raad. “Vader,” sê sy, “ek het ‘n klein seuntjie wat ses maande oud is en ek is bitter nuuskierig om te weet wat hy gaan word as hy groot is.” 


Die priester sê, “Sit drie goed voor hom neer: ‘n bottel whisky, ‘n geldnoot en die Bybel. As hy die bottel optel, gaan hy ‘n kroegman word. As hy gryp na die noot, ‘n besigheidsman. As hy die Bybel kies, ‘n priester.” Die ma bedank hom en gaan huis toe.


Die volgende week keer sy terug. “Wel,”sê die priester, “watter een het hy gekies?”

Sy antwoorde, “Al drie!”

“Aha,” roep die priester, “’n Jesuïet!”


Ek is nie seker of die doel van die grappie was dat ‘n sesmaande oue baba my “gesien” laat voel nie, maar dit spreek tog boekdele van die soort onderskeiding wat Ignatius van Loyola, wat die orde van die Jesuïete begin het, voorgestel het. Hy het gepraat van “God in alles” en sy mense aangemoedig om eers JA te sê vir alles voor jy “nee” sê vir enigiets. Dis natuurlik nie heeltemal so absoluut soos dit klink nie, maar om jou nee’s te laat vloei uit jou groot “Ja” het nog altyd vir my ‘n soort helderheid en kalmte gebring wat ‘n vir- en teenlys alleen nie kon nie. 


In Deuteronium 30 is daar hierdie interessante skrif:

“Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die seën en die vloek het ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe…”


So asof God sê jy kan hier op aarde bestaan, maar jy kan dit nie ‘n lewe noem as jy dit nie gekies het nie. Kies die lewe sodat jy kan lewe. Dat jy lewe, beteken God het jou gekies. Wat jy maak met die lewe, is jou antwoord op die keuse. 


As ons ja sê vir hierdie lewe, sê ons egter ook nee vir meer as 8 biljoen ander. En dis iets wat baie van ons sukkel om in die gesig te staar. 


As I make hundreds of small choices throughout the day, I’m building a life – but at one and the same time, I’m closing off the possibilities of countless others, forever. (The original Latin word for ‘decide’, decidere, means ‘to cut off’, as in slicing away alternatives; it’s a close cousin of the words like ‘homicide’ and ‘suicide’.) Any infinite life – even the best one you could possibly imagine – is therefore a matter of ceaselessly waving goodbye to possibility.


Oliver Burkeman – Four Thousand Weeks


Kan hierdie perke en beperkings dalk die juiste rede wees vir die ware vryheid van keuse wat ons kan ervaar in hierdie eindige lewe? Soos die vlieër wat vas is aan die tou weet. En die trein op die spoor. En die vis in die water.


“How easily a life can become a litany of guilt and regret, a song that keeps echoing with the same chorus, with the inability to forgive ourselves. How easily the life we didn’t live becomes the only life we prize. How easily we can cling to – worship – the choice we think we could or should have made.”

Edith Eger, The Choice


Om te weet daar is geen perfekte besluit of uitkoms of lewe nie, bevry ons. Om onvolmaaktheid te omhels, help ons om te ontspan in die oomblik. Wanneer ons aanvaar dat alle keuses kondisioneel, beperk en onvolmaak is, word ons lewens ironies genoeg meer vol vreugde en vrede en kan ons besluite ons ont-sluit. Om klarigheid te kry oor die feit dat niks ooit heeltemal klaar is nie en tog volbring is, vul my met ‘n soort vrede bo my vuurmaakplek.


Ons gaan Sondag verder gesels oor die onderskeid tussen keuses en kruise, die keuses waarvoor ons dink ons te staan kom wat eintlik nie eens keuses is nie, ons keuse-filters – dit wat ons inlaat op ons “feeds” (vul daai woord my lyf opeens met so gril) en toelaat dat dit ons voed en hoe God werklik na ons toe kom gekamoefleer as ons lewe terwyl ons so sit en wag vir die weerligstraal om ons te tref. 


NS: As jy hoop om Sondag te hoor vir wie jy Woensdag moet stem of met wie jy moet trou, óf jy moet trou en of jou werk moet bedank om te gaan reis, moet jy dalk iewers anders gaan aanklop. As jy geïnteresseerd is in hoe jy is as jy kies en die gedagte kan onthaal dat hoe jy is as jy kies belangriker is as die keuse self, is jy welkom. Jy is in elk geval, ek probeer net verwagtings bestuur. Te veel mense kry seer in kerke …  



“Our only desire and our only choice should be this: 

I want and choose what better leads to God’s deepening his life in me.” 


St Ignatius of Loyola





Comments


bottom of page