Heelheid: Mites oor Genesing - "I will try to fix you..."
- 12 hours ago
- 5 min read

“Lights will guide you home
and ignite your bones
and I will try to fix you.”
Coldplay
Ek sal nooit vergeet waar ek was toe ek hierdie song vir die eerste keer gehoor het nie. Ek was jonk en die musiek het geklink soos hoe ‘n reddingsboei lyk. Nou is ek ouer. Nooit sal die musiek nie vir my mooi wees nie, maar nou hoor ek in die woorde veral die beperktheid van ‘n mens se pogings om iemand anders “reg te maak”.
Gabor Maté, wat baie werk met verslawing – mense wat leef vir hulle volgende fix – definieer genesing so: “Healing is not about fixing a broken person, but rather removing the barriers that block our natural capacity for recovery.” Die AA, wat eintlik die beste model van kerk-wees voorhou, bewys dit oor en oor. Re-covery is eintlik dis-covery. Ont-dekking van wat onder al die bedekking is. Nie deur mekaar te fix nie, maar mekaar in wording te hóór. In Walter Brueggemann se woorde: “We were created for listening. It is our proper business.”
As ons kyk na Jesus se omgang met en aanraking van mense, kan ons aflei dat God ons nie uitnooi om “reggemaak” te word soos ‘n stukkende toestel nie, maar om herstel te word tot heelheid. Genesing word dan dan as’t ware ‘n terugkeer na liefde, jou vandaan-komplek.
“Long before any human being saw us, we are seen by God’s loving eyes. Long before anyone heard us cry or laugh, we are heard by our God who is all ears for us. Long before any person spoke to us in this world, we are spoken to by the voice of eternal love.”
Henri Nouwen
In Johannes 5 vra Jesus nie vir die man by die bad van Betesda, “Wat is fout met jou?” nie. Hy vra, “Wil jy gesond word?” Die Engels is in hierdie geval eintlik meer akkuraat: “Do you want to be made whole?” Dit skuif die atmosfeer – van probleem na moontlikheid.
Ons leef in ‘n wêreld wat obsessief is oor fixing. Fix jou lyf, fix jou emosies, jou huwelik, jou image … fix jou spiritualiteit. Selfs die kerk kan soms soos ‘n werkswinkel klink met die hoofmechanic op die kansel. “As jy net hard genoeg probeer, goed genoeg glo, mooi genoeg bid …” Of erger nog: ‘n paneelklopaffêre wat net die ergste knocks fix sodat jy weer bo blink lyk in die verkeer. Maar Jesus ontmoet mense nie as projekte of probleme nie; Hy ontmoet hulle as mense. Genesing in die Bybel gaan oor verbinding, waarheid, vrede, ‘n herstel van menswaardigheid en ‘n terugkeer na gemeenskap – na Liefde. Jesus het mense nie weer bloot funksioneel gemaak as Hy hulle gesond gemaak het nie; Hy het hulle teruggebring na die lewe! Hy het ‘n altaar gemaak van sy ore, sy oë, sy neus, sy hande, al sy sintuie in diens van sy vry, uitbundige gees. Hy het die skoene van Sy stem uitgetrek omdat Hy geweet het Hy staan op heilige grond as Hy teen-woord-ig was vir mense.
St. Tuiglik.
Wanneer Gabor Maté praat oor medelye, begin hy deur te praat van die lyding (die passie) van Christus. Compassion beteken to suffer with. Dis ‘n ingebore kapasiteit van menswees. Maar dis nie lekker om te ly nie, nie alleen nie en nie saam nie. En dis hoekom ons wil fix.
Die ding is: niemand kan iemand anders fix nie. Ons kan probeer en glo my, ons sal probeer. Maar dis menslik onmoontlik. Wat wel moontlik is, is om teenwoordig te wees, te luister, te dra, om ruimte te skep, lief te hê … maar God se genesing – heelheid – kom wanneer Hy die hindernisse, die mure wat ons om ons harte gebou het – vrees, skaamte, leuens, isolasie – afbreek.
Jesus het begin by “Jy is my geliefde”, want dis waar God met Hom begin het:
Beloved Is Where We Begin
If you would enter into the wilderness,
do not begin
without a blessing.
Do not leave
without hearing
who you are:
Beloved,
named by the One
who has traveled this path
before you.
Do not go
without letting it echo
in your ears,
and if you find
it is hard
to let it into your heart,
do not despair.
That is what
this journey is for.
I cannot promise
this blessing will free you
from danger,
from fear,
from hunger
or thirst,
from the scorching
of sun
or the fall
of the night.
But I can tell you
that on this path
there will be help.
I can tell you
that on this way
there will be rest.
I can tell you
that you will know
the strange graces
that come to our aid
only on a road
such as this,
that fly to meet us
bearing comfort
and strength,
that come alongside us
for no other cause
than to lean themselves
toward our ear
and with their
curious insistence
whisper our name:
Beloved.
Beloved.
Beloved.
Jan Richardson from Circle of Grace
Ek kan nie onthou waar dit vandaan kom nie (heel moontlik ook Henri Nouwen), maar dit sal my lewenslank bybly. Ek gebruik dit ook dikwels as ek mense se huwelikseremonie inlei en vir ‘n tyd net tot stilte wil roep, voor die malligheid van die dag en die oomblikke wat verbysnel weer inskop:
BELOVED.
BEHOLD who you are.
BECOME what you receive.
Dit was, in kort, Jesus se hele bediening. Geliefde (laaaank voor gebrokene – jy is nie ‘n probleem nie, jy is my geliefde), aanskou wie jy is (wie jy vir My is – ek sien jou: die stof én die asem). Word nou wat jy ontvang (heelheid, aanvaarding, liefde).
Ek het onlangs op hierdie gedig afgekom en ek het besluit om dit in my vesels vas te bind – as ‘n ma (veral as ‘n ma – een met te min hande en te veel tekortkominge, een wat al te veel voor die magteloosheid en futiliteit van fixing te staan gekom het), as ‘n mens:
How to listen
I’m not asking you
to come down here
and clean out the muddy
corners of my life.
I’m asking you
to be a forest
where mud and leaves,
shadows and light,
growth and decay
all have their unquestioned
belonging.
I’m asking you
to be an ocean
where even great storms
don’t trouble the depths
and each tear is welcomed
as a homecoming.
I’m asking you
to be as spacious
as the vast darkness
behind the sky,
which will never be afraid
of what I do
or don’t choose.
I’m not asking you
to hold me together.
I’m asking you
to open so wide
there’s room for all the ways
I come apart.
James A. Pearson
Ek vra jou nie om my bymekaar te hou nie.
Ek vra jou om só oop te wees dat daar plek is vir al die maniere waarop ek uitmekaar val.
Want uit-mekaar word in-mekaar as jy nie alleen is nie.
En mekaar is al wat ons het.
“Beloved One, may you be blessed because it is so: all is well.”
Julian of Norwich
Miskien is heelheid nie om terug te keer na wie jy was voordat jy “uitmekaar” geval en “gebreek” het nie. Miskien is genesing om uiteindelik te word, eintlik te ont-dek, wie jy nog altyd bedoel was om te wees.
Lights will guide you home and ignite your bones …
Frieda van den Heever




