Goeie Vrydag: Wat is oorgee?
- inviagemeente
- 2 days ago
- 3 min read

Die afgelope veertig dae se dagstukkies in Lent het gepoog om die sluier te lig op 'n dieper vraagstuk: Wat is jou oorgee? Dit is ‘n vraag wat ons selde vir iemand vra. Ons meer bekend met die vraag wat golfers gereeld vra: “Wat is voorgee?” Jy kan hierdie vraag toepas op jou hele lewe. Die “voorgee” van ons sekuriteit, van ons gewildheid en ook die invloed wat ons het.
Aan die kruis het Jesus sekuriteit, aanvaarding en brood nodig. Sy “voorgee” is groot: Hy het die massas aan sy voete, hy kan wonderwerke doen en alles word vir Hom gegee wat Hy nodig het. En dit is presies wat Hy laat gaan. Hy vertrou iets diepers, die liefdevolle misterie van die liefde wat ‘n antwoord is op al die haat, onsekerheid, en onkunde wat op hom geprojekteer word.
Lukas gee bittermin detail oor kruisiging. Hy sê nie wat presies daar gebeur nie. Hy gee nie instruksies of ‘n nuwe formule om in die hemel te kom nie.
Hy weet en ken die misterie van God.
Waarin hy wel baie belangstel is om iets te sê oor die mense wat om die kruis staan. Vir hom is die kruis soos ‘n helder lig wat begin skyn en nou sien jy die plekke in mense wat nie die lig wil inlaat nie. Die kruis is nie net ‘n plek waar Jesus doodgaan nie, maar ‘n verhaal wat ons help om te sien waar en hoe ons vals self keer dat die lig kan inkom. Die volksleiers, soldate en ook die een moordenaar kan ons help om dit te sien.
In die volksleiers, waarvan Pilatus seker die grootste voorbeeld is, kies vir gemak en aanvaarding — wat hul hande was en sê: dis nie my verantwoordelikheid nie. Gemak is makliker as waarheid. Die soldate wat dobbel om Jesus se klere, is besig om hulself met afleiding te verdoof en so gewwond aan hulle werk dat hulle glad nie kan voel of identifiseer met ander wat ly nie. Of dalk in die misdadiger wat spottend roep: As jy die Christus is, red jouself... en ons! — die stem van die desperate self wat God probeer oorreed tot ’n winskoop: Maak my lewe makliker, dan sal ek glo.
Maar dan — soos die lig wat deur ’n geskeurde voorhangsel begin skyn — gebeur iets onverklaarbaar. ’n Ander misdadiger kyk op. Hy sien. Daar is ontsag wat loskom. Hy erken Jesus se identiteit sonder om ‘n bewys te vra. Hy breek met die spotters, erken sy eie gebrokenheid, en fluister die universele gebed van elke ware soeker: “Here, dink aan my.”
En daardie woorde maak kontak met die ewigheid.
Ware oorgawe is nie om vas te klou aan sekerheid, aanvaarding of mag nie, maar om dit — soos Jesus — sagkens los te laat, en jou te laat val in die liefdevolle misterie van God wat nie antwoorde gee nie, maar sy teenwoordigheid bied; dit is om selfs jou sterflikheid te sien as iets groters as die dood: “Vandag is jy saam met my in die paradys…”
"This act of total surrender is not merely a fantastic intellectual and mystical gamble; it is something much more serious. It is an act of love for this unseen person, who, in the very gift of love by which we surrender ourselves to his reality also makes his presence known to us." Thomas Merton
"I am growing in the awareness that God wants my whole life, not just part of it... Only when I surrender myself completely to God's love can I expect to be free from endless distractions, ready to hear the voice of love, and able to recognize my own unique call." Henri Nouwen
- Theo Geyser