top of page

God: Heelheid is liefde wat net in God bestaan.



Toe hulle Charles Dickens gevra het wat die mooiste storie is wat hy nog ooit gelees het, was sy antwoord: Die Verlore Seun. Die verhaal het ook die verbeelding van die grootste kunstenaars in die wêreld aangegryp. Die betowering van die verhaal lê in sy eenvoud: Die liefde van ‘n pa. En, ‘n kind wat die liefde van sy pa, wat nog altyd daar was, op ‘n nuwe manier leer ken!

Die volgende paar weke wil ons graag oor liefde gesels. Ons noem die reeks: Jy is wat jy liefhet. Hierdie is die wysheid van Saint Klara van Assisi reeds 1200 nC!

We become what we love and who we love shapes what we become. If we love things, we become a thing. If we love nothing, we become nothing. Imitation is not a literal mimicking of Christ, rather it means becoming the image of the beloved, an image disclosed through transformation. This means we are to become vessels of God's compassionate love for others.”

Elke nuwe jaar gee ‘n wonderlike gawe vir ons. Die hoop dat die jaar goed kan wees en dat ons ook kan verander. Dan vra ons gewoonlik vrae oor hoe ons die mense kan word wat ons glo ons behoort te wees en ook wat God wil hê ons moet wees. Soos byvoorbeeld: hoe kan ek goeie planne maak? Hoe kan ek dalk harder werk? Hoe kan ek meer dissipline ontwikkel? Ensovoorts...

Al die vrae kan ons help om meer insig in ons lewe kry, mits ons die hoofvraag vra: Wat en wie het ek lief? Want dit is presies wie en wat ek gaan word.

Sondag gesels ons oor grepe uit die gelykenis van die Verlore Seun wat ons kan help om die verskillende identifikasies van ons liefde beter te verstaan en dat ons verstaan en ervaring van God die alfa en omega van liefde is.--


Geskryf deur Theo Geyser

bottom of page