top of page

Geringe Helde: St Teresa -Die Kasteel binne my.



St Teresa van Avila was ‘n non wat in die 1500’s geleef het en deel was van die Karmelietiese orde. Sy het onderandere 14 kloosters gestig meestal in gemeenskappe wat besig was om agteruit te gaan.


St Teresa het ook die Karmelietiese orde hervorm. Sy het nie tyd gehad vir valse vroomheid nie, “From silly devotions and sour faced saints, save us o Lord.”, en soos jy kan sien het sy ook nie veel tyd gehad vir mense wat nie met vreugde geleef het nie, “A sad nun is a bad nun, I’m more afraid of one unhappy sister than a crowd of evil spirits.”

St Teresa se grootste bydrae was tot ons verstaan van gebed, veral die rol van stilte, in die geestelike reis. Een van haar groot werke kort voor haar dood was die boek, ‘The Interior Castle’ waar sy in detail uitlê hoe die geestelike reis lyk en wat die sleutels is tot die volgende woning, waarvan daar 7 is met God wat in die middel van die kasteel woon. Hierdie skrywe is ‘n fantasties instrument waarmee ons ons eie plek in die reis kan bepaal en verstaan.


Wat vir my spesifiek treffend is van St Teresa se verstaan van die geestelike reis is dat sy dit nie linieër uitbeeld nie. Sy verstaan dus nie die reis as van punt A, daar waar God nie is nie, tot by punt B, daar waar Hy is nie. Sy gebruik nie ‘n metafoor soos byvoorbeeld vanuit die woestyn na die beloofde land, of vanuit die donker na die lig nie. Vir haar is God in die middel van die kasteel, boonop ‘n kristal kasteel, en die wonings sit soos konsentriese sirkels in lae rondom.


God is dus die middelpunt, heeltyd teenwoordig en dit is Hy wat ons na binne nooi in dieper verhouding met Hom en met onsself.


Kom kuier Sondag saam waar ek deur elkeen van die 7 wonings gaan praat en bietjie meer deel oor St Teresa se verstaan van ons almal se reis.


Die oggend om 10:00 by die Protea Hotel in Technopark en die middag om 17:00 by 2 Derry rd in Rondebosch, die NGK Rondebosch se kerk kompleks.


Pierre

bottom of page