top of page

Genade: is nie goedkoop nie


Simone Weil skryf in haar boek Gravity and Grace dat gravitasie – swaartekrag – en genade – ligtekrag – die sterkste kragte in die heelal is. Dat dit net genade is wat volgens ander beginsels werk as swaartekrag. Ek sal altyd aan hierdie lirieke dink as ek oor hierdie kragte dink: “When I fell down, You raised me up – that’s gravity.” (Million Lights – Tree63) En aan W.L. van der Merwe se Optelsom:


Jesus min my

tel my op

maal my, deel my 

tot ek klop


Genade wat die wêreld se wiskunde en die lewe se logika op sy kop draai. Genade wat eintlik ‘n vernedering is. Gesig in die stof, grond onder die naels, ‘n shiner wat blink soos ‘n medalje. Eers dan weet ek hoe onbeskryflik groot genade is. 



Paul Tillich skryf so daaroor:


“Do you know what it means to be struck by grace? It does not mean that we suddenly believe that God exists, or that Jesus Christ is the Saviour, or that the Bible contains the truth. To believe that something is, is almost contrary to the meaning of grace. Grace also does not mean that we are making progress in our moral self-control. This may be the fruit of grace, but it is not grace itself.


Grace strikes us when we are in great pain and restlessness. It strikes us when we walk through the dark valley of a meaningless and empty life. It strikes us when we feel that our separation is deeper than usual, because we have violated another life, a life which we loved, or from which we were estranged. It strikes us when our disgust for our own being, our indifference, our weakness, our hostility, and our lack of direction and composure have become intolerable to us. It strikes us when, year after year, the longed-for perfection of life does not appear, when the old compulsions reign within us as they have for decades, when despair destroys all joy and courage. Sometimes at that moment a wave of light breaks into our darkness, and it is as though a voice were saying: “You are accepted. You are accepted, accepted by that which is greater than you…Do not try to do anything now; perhaps later you will do much. Do not seek for anything; do not perform anything; do not intend anything. Simply accept the fact that you are accepted!” If that happens to us, we experience grace.”



Rumi verwoord dit op ‘n manier wat nie vir ons lekker is om te hoor nie. Dis nie hoe ons geleer is om vir onsself soggens in die spieël te kyk en die pep in ons step te sit voor ons vir ‘n bevordering aansoek doen nie: 


You are so weak.

Give up to grace.

The ocean takes care of each wave

til it gets to shore.

You need more help than you know.


Rumi



Gee oor aan genade. Hoekom? Omdat dit al is wat genoeg is. Omdat oorgawe aan genade die enigste menslike kondisie is waardeur God se krag volbring word.



"Maar Hy het vir my gesê: ‘My genade is vir jou genoeg, want my krag kom tot volle werking in swakheid.’ Daarom sal ek baie liewer roem op my swakhede, sodat die krag van Christus in my kan woon. Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus; want wanneer ek swak is, dan is ek sterk."

— 2 Korintiërs 12:9-10



Ek onthou ons het jare terug by InVia ‘n reeks gedoen “Jesus het nooit gesê …” en die twee temas wat my die meeste bygebly het was “Jesus het nooit gesê jy kry wat jy verdien nie” en “Jesus het nooit gesê ruk jouself reg nie”. Ons het gesels oor Hanna wat op haar knieë voor God was. Geskud in haar binneste. “Shaken to the core”. Haar hoop aan ‘n draadjie. Haar hart gebroke. Al wat sy “reg” gedoen het was dat sy geweet het waarnatoe om te draai met al haar stukkies. En God skree nie, “Hey girl, maak daai bolip styf” nie. God fluister, “Kom na my toe, my liefste, wat moeg en oorlaai is.” Hy nooi ons uit om in Sy arms, teen sy bors, te verkrummel of te bid of te smeek of the baklei tot ons heel. Om jouself op Hom te verlaat, “Want Hy het die ellende van die ellendige nie verag of verfoei en sy aangesig vir hom nie verberg nie, maar Hy het gehoor toe dié Hom aangeroep het om hulp (Ps. 22:24)



In Philip Yancey se boek “What’s so amazing about grace” word ‘n teoloog (as ek reg kan onthou) gevra wat is sy definisie van genade en hy antwoord, “We are all bastards and God loves us anyway.” My eie definisie van genade het iets te make daarmee dat niks anders vir my mag sê wie ek is nie. Nie familie nie, nie fame & fortune nie, nie die media nie, nie die spieël nie, niks anders behalwe genade nie. 



Die “skandaal” of die dilemma van genade is dat ons nie so lekker weet wat om met ont-vang te doen nie. Van kleins af leer ons hoe belangrik dit is om goed te vang - balle, somme, geleenthede, grappe. En hierdie "waarde" word ook dikwels gevestig in ons geestelike lewe. Ons probeer God "vang", begryp, uitpluis. Selfs in die kerk is die fokus meestal daarop  dat óns God moet leer ken, dat óns na Hom moet kyk. Dis seker nie heeltemal verkeerd nie, maar Jesus en Paulus sê by geleentheid dat daar 'n fyn, maar deurslaggewende fokusverskuiwing is in ons verhouding met God (of dan, Die Lewe) nl. dat ons deur God geken moet word. Dat ons onsself moet toelaat om deur God gesien en geken te word. Dat ons altyd aan die ont-vangkant van God staan. 


Ek dink kerke sou veel voller gewees het as ons mense kon leer dat ons God nooit kan vang nie, bloot kan ont-vang. Of miskien veel leër, want dan sou niemand niks gehad het om te bewys nie en die ego sou geen beloning kry uit kerktoe gaan nie.



Dis nie iets wat natuurlik kom vir meeste mense nie. Kinders kry dit nog soomloos reg om met vreugde te ontvang, maar ons grootmense sukkel. Omdat dit nie volwasse voel nie. Die volwasse ding is om selfversorgend en onafhanklik te leef. Ontvang het slegte konnotasies: die ontvanger van inkomste, die bakhandbedelaar ...


Maar Jesus het ook geleer dat ons nie kan gee as ons nie eers ontvang het nie. Dat ons nie oorvloedig kan leef as ons nie eers Sy in-vloed ervaar het nie. Dat ons eintlik altyd kwesbaar en bakhand voor God staan, of ons nou wil of nie. Altyd afhanklik van Hom leef. Om Hom toe te laat om ons nie net te sien nie, maar na ons óm te sien, is 'n geestelike oefening wat nederigheid kweek. Ontvanklikheid is die teenvoeter vir self-help.


Daar is natuurlik ook 'n groot verskil tussen ontvanklikheid en aanspraakmakerigheid ("entitlement"). Om te vereis dat daar na my gekyk word, dat ek dit trouens verdien en nie 'n vinger hoef te lig nie, is die teenoorgestelde van ontvanklikheid. Suiwer ontvanklikheid vloei uit teenwoordigheid en verantwoordbaarheid. Om teenwoordig en verantwoordelik te leef juis omdat die geskenk van genade so groot is dat jy nie daarop kan lê en slaap nie.



Iemand skryf die volgende oor Thomas Merton se verstaan van hierdie teenwoordigheid:

It refers not only to the agency or grace of Christ, hidden but dynamically present in the lives of people everywhere. It also refers to the agency of God-filled human beings, the vocation of every Christian to be the presence of Christ for others in love, mercy and friendship. It is a call not only to love but to be loved by others. Both aspects of presence - to (actively) love others and to (receptively) allow oneself to be loved - were crucial lessons Merton learned in the last decade of his life. "What we must really do is live our theology. This is the same message with which St. Paul exhorted the early Christian community: "Let the same mind be in you that was in Christ Jesus."


Om God te ontvang, mekaar te ontvang en vreemdelinge te ontvang. Om God te eer as die Groot Doener, wat uit Sy Wese vloei en om te oefen om "aan gedoen te word". Richard Rohr sê dikwels: "God is being done unto us." En daarin lê die genade. 


There, but for the grace of God go I.



- Frieda van den Heever

bottom of page