top of page

Filémon - 'n Brief met 335 Woorde: Oorgawe


Hoe hanteer ‘n mens die ongelykhede waarbinne mag sy kop uitsteek in rassisme, klassisme, nasionalisme, populisme en ekonomiese bevoordeling?  Kan die balans van klas, status en mag ooit herstel? Hoeveel tyd en woorde het jy nodig om een van die grootste probleme in die wêreld aan te spreek?


Paulus het 335 woorde gebruik om hierdie groot probleem aan te spreek.


Hierdie wysheid kry jy in die boek Filémon. Die boek het net 25 verse waar Paulus ‘n slaaf, Onesimus, wat ontsnap en gevlug het, weer terugstuur na sy eienaar, Filémon. In daardie tyd sou dit ondenkbaar wees. Slawe is met die dood gestraf vir so oortreding.


Die probleem is gekompliseer deur die feite dat beide Onesimus en Filémon Christene geword het onder Paulus se bediening. Filémon sal kwaad wees omdat hy benadeel is, en Onesimus sal bang wees dat sy kop gaan rol.


Skaf Paulus gou slawerny af? Beteken dit dat Onesimus nou saam met hom gaan eet en ook deel in 'n broederlike kus soos wat alle Christene met mekaar gedoen het? Gaan al die slawe nie gou bekeer om hierdie voorreg te kan geniet nie?


Ons gaan Sondag kyk na Paulus se hoofargument waar hy sy vennootskap in Christus met beide Onesimus en Filémon gebruik om hulle uit te nooi na ‘n nuwe verstaan van ongelykheid en mag. Kom kuier by die Protea Hotel om 10h00 by Stellenbosch.


bottom of page