top of page

EXIT: Uit die bekende



Jy het seker al die stelling gehoor: “Dis een ding om jou uit Egipte te kry, maar ‘n ander ding om Egipte uit jou te kry”. Dit is maklik om ‘n moralistiese verstelling in jou lewe te maak wat ons soms bekering noem, maar moeiliker om ons motivering en verlanges in pas te hou met die veranderings wat ons probeer maak.

Jy sien Egipte maklik van buite, maar baie moeilik van binne.

Egipte is ‘n beeld in die Bybel wat ons kan help om bevryding beter te verstaan. Dit was die plek van verslawing, herhaling, roetine en verdowing. Israel moes hiervan verlos word. Jy kan ook baie gelukkig daar wees en selfs soos Josef en Moses die hoogste sport daar bereik. En die dag as jy uitkom, kom jou groter probleem, dan verlang jy na die vleispotte van Egipte.

Werk, sport, kos, seks, vermaak en noem maar op, het hulle eie vleispotte wat jou liefde vir God kan steel en jou liefde selfgesentreed kan maak. Dit is presies wat ‘n verslawing is: Misplaaste liefde. En dit is soms moeilik om dit binne ons raak te sien.

In enige vertrek is die exit een van die belangrikste bakens wanneer daar ‘n noodtoestand uitbreek. Ken jy jou exit? En ken jy die noodtoestand van jou hart. Paulus beskrywe syne so: ”I do not understand my own behavior. I fail to carry out the very things I want to do, and find myself doing the very things I hate. . . . For although the will to do what is good is in me, the performance is not.” Romans 7:15, 18.

Ons gesels Sondag oor hierdie krisis binne ons en hoe om te exit! Jy moet eerstens weet dat daar ‘n noodtoestand is, en tweedens moet jy weet waar die exit is!

Jakobus 1:19-27 het briljante raad, en jy kan dit maar volg…



- Deur Theo Geyser

bottom of page