top of page

Droom weer: Nuwe vlerke



Slim mense reken dat 47% van ons dinktyd spandeer word op iets anders as waarmee ons besig is. Ons gedagtes gly in bane met vrye teuels. Ons noem dit dagdrome. Hier is die wêreld mooi, en ons kan dit uitdink en droom soos wat ons dit wil hê.

Dit is die enigste plek waar ons werklik vry en onbeperk is.

Ons kan nooit kyk na ons geliefdes en die wêreld, en ook nie droom of hoop en glo dat dit vir almal beter kan wees nie. Ons bid ook soms hiervoor. Binne ons klop daar genetika van hoop, en ons harte vra na strome en nie druppels nie.

Maar die harde werklikheid is dat dit meer vir kinders beskore is, want drome word met ouderdom verpletter. Ons word sinies en noem dit realisme. Ons optimisme is goedkoop slogans of cliches wat gekoppel is aan gunstige omstandighede. Kersfees en Paasfees is beskore vir kinders.



Ons het iets verloor en kruip weg agter ons beter-weet-heid.


Ek wil Sondag hierdie kunswerk, “The Son of Man” van Rene Margitte gebruik om te gesels oor hoe God ons drome wat verlore is kan herstel en nuwe vlerke gee.



- Deur Theo Geyser




bottom of page