top of page

Dood-reg!?


In Blackwater Woods

To live in this world

you must be able

to do three things:

to love what is mortal;

to hold it

against your bones knowing

your own life depends on it;

and, when the time comes to let it go,

to let it go.

- Mary Oliver

Lydenstyd is 'n reis saam met Christus. Na Goeie Vrydag. Wat net goed is in retrospek. Want dis 'n reis na die dood. Wat ons weet diep saamhang met opstanding en nuwe lewe. In retrospek.

Dis eintlik 'n tragedie. Daar's nie pad uit nie. Nie 'n pad om nie. D-O-O-D bly D-O-O-D al lees jy dit van agteraf vorentoe, al staan jy op jou kop.

Maar die groter tragedie, sê Erich Fromm, is dat meeste van ons doodgaan voor ons nog begin lewe het. Nie Jesus nie. Nee, Hy't voluit gelewe. Met die dood voor oë. Hy het nie regtig gekies om dood te gaan nie. Hy't gekies om voluit te lewe, om aan te hou liefhê en hierdie pad se vervulling sou lei na die dood.

Do not seek death. Death will find you. But seek the road which makes death a fulfillment.

- Dag Hammerskjöld

Die dood het onlangs vir my baie meer geword as 'n preektema of 'n onderwerp vir 'n praatjie. Dit het 'n werklikheid geword. En al is elke oomblik van ons lewens 'n oomblik nader aan ons dood, skuif ons hierdie werklikheid so lank moontlik weg na die periferie van ons lewens. Op die kantlyn. Ons gebruik velprodukte wat die dood verder laat voel, ons oefen harder om ons weerstand teen erosie op te bou. Ons koop goed waarvan die boodskap eintlik in wese is: "As jy my koop, gaan jy langer lewe, gaan jy meer sekerheid hê van jou bestaan, gaan jy meer beskermd voel." (Teen wat? Die dood?)

Woorde soos DEAD-lines vul ons met angs. Ons sweer mekaar die dood voor oë om die erns van 'n saak oor te dra ... en tog slinger ons die woordjie "Doodreg!" so vinnig in enige rigting om ons entoesiasme of instemming te betuig.

Maar is ons? Dood-reg? Is ons God-gereed?

"Your attitude toward death is your attitude toward God."

- Richard Rohr

As ons bykans alle mense wat doodsbegeleiding doen op hulle woord moet neem, moet ons glo: Soos jy lewe, so sal jy sterwe.

"The character of our life is the character of our dying: both are part of one process."

- Stanley Keleman

En dit vervul baie van ons met angs. Want ... angs.

As my lewe so angsbevange is, hoe gaan my dood wees?

Maar mede-sterwendes: angs is nie 'n sonde nie! Angs is 'n uitnodiging tot oorgawe. Doodsangs is nie 'n sonde nie, dis 'n uitnodiging tot lewensoorgawe! Dis die geskenk van angs.

Soos Jesus geleef het, so het Jesus gesterf. Met 'n stuk angs (tot op die punt van bloedsweet), maar met nog groter oorgawe as angs. "My God, my God waarom het U my verlaat" word "In U hande gee ek my gees oor"!!! Wat 'n getuienis. Wat 'n verligting! Jesus wou nie gaan nie (angs), maar o hemel, Hy wou graag kom (oorgawe) ... soos hierdie siel waarvan die karakter Dood skryf in The Book Thief:

His soul sat up. It met me. Those kind of souls always do – the best ones. The ones who rise up and say, ‘I know who you are and I am ready. Not that I want to go, of course, but I will come’ … Those souls are light because more of them have been put out. More of them have already found their way to other places. This one was sent out by the breath of an accordion, the odd taste of champagne in the summer, and the art of promise-keeping.

- Markus Zuzak

Julle wil die geheim van die dood ken.

Maar hoe sal julle dit vind tensy julle dit in die hart van die lewe soek?

As julle weliswaar die gees van die dood wil aanskou, maak julle hart wyd oop vir die liggaam van die lewe.

Julle vrees vir die dood is maar net die bewing van die skaapwagter wanneer hy voor die troon van die koning staan wie se hand tot sy eer op hom gelê gaan word.

Is daar nie blydskap agter die bewing van die skaapwagter omdat hy die kenteken van die koning sal dra nie?

Maar is hy derhalwe nie meer bewus van sy bewing nie?

Want wat is dit om te sterwe anders as om nakend in die wind te staan en in die son weg te smelt?

En wat beteken dit om op te hou asemhaal as om die asem van sy rustelose getye los te maak sodat dit kan opstyg en ontplooi en God onbelemmerd kan soek?

Slegs wanneer julle van die stille stroom drink, sal julle werklik sing.

En wanneer julle die bergtop bereik, dan sal julle begin om te klim.

En wanneer die aarde julle ledemate opeis, dan sal julle werklik dans.

- Kahlil Gibran


Geskryf deur Frieda van den Heever

bottom of page