top of page

Die Vier Evangelies: Johannes


In die begin spreek God die skepping in wording en in die parallelle verhaal aan die begin van die evangelie van Johannes spreek God redding in wording. So skryf Eugene Peterson oor die evangelie van Johannes in The Message. Hy vertel verder dat wanneer God hierdie keer spreek, hy nie ‘n hemel, aarde, voëls en visse maak nie. Hierdie keer word God mens, Jesus. Jesus spreek deur die evangelie en bring vergifnis, heeling, bewustheid, genade, vreugde, liefde, vryheid en herstel. Alles wat gevalle en gebroke is, sondig en siek, word geroep tot redding deur God se woord: Jesus.


In ons Westerse analitiese breine is woorde, net woorde. Swart letters op wit papier. Ons kan dit uitmekaar trek, analiseer, die oorspronklike betekenisse kry, en verseker WEET wat die waarheid is. Ons dink ons kan die waarheid van sulke woorde weet, soos om te weet wat ons adres is, waar ons gebore is, wat ons name is, ens. Tog, in God se verhaal is die waarheid/die woord nie ‘n rits feite, standpunte, en dogma nie. Die waarheid is ‘n persoon. Die woord is ‘n persoon. Die woord is Jesus. Die waarheid is Jesus.


Ek hou altyd van hoe Richard Rohr dit sê, “Jesus is the way the truth and the life, and you are not.”


Die evangelie van Johannes wys ons hoe hierdie woord wat vlees geword het en onder ons kom woon het lyk, wat Hy vertel, en meer as dit, hoe hy bloot IS.


Kom kuier Sondag saam waar ek deur die evangelie volgens Johannes gaan praat by beide die Stellenbosch, en Kaapstad dienste 10:00 en 17:30 (Kaapstad se nuwe SOMER dienstyd).

bottom of page