Die president se lessenaar



"She opened her eyes upon a world still natural, but no longer illusory; since it was perceived to be illuminated by the Uncreated Light. She knew then the beauty, the majesty, the divinity of the living World of Becoming which holds in its meshes every living thing. She had transcended the narrow rhythm by which common men perceive but one of its many aspects, escaped the machine-made universe presented by the cinematograph of sense, and participated in the “great life of the All. Reality came forth to her, since her eyes were cleansed to see It, not from some strange far-off and spiritual country, but gently, from the very heart of things."

Mysticism, Evelyn Underhill


Ek sal nooit die nag vergeet nie - my seuntjie was drie of vier - toe hy wakker geskrik het uit 'n nagmerrie en ek al gereed was om monsters weg te jaag. Toe ek hom vra wat hy gedroom het, huil hy en sê: "Mamma, ek het gedroom ek het niks planne nie... niks planne nie..." 'n Nagmerrie, inderdaad.


Uitsigloosheid. 'n "Tendens" wat van ons tyd. Om nie te kan sien nie. Of ten minste nie in die toekoms in nie. Dit was eintlik nooit anders nie, ons is nou net baie meer bewus van ons onvermoë om die toekoms te kan voorspel. Ons weet nie eens wat môre gaan gebeur nie, wat nog te sê wanneer om ons troues te reël of moontlike inkomsteskattings te kan doen. En dis nogal sleg, veral so aan die begin van die jaar wanneer die woord "vision" nogal kwaai rondgegooi word.

Die ergste vorm van uitsigloosheid kom egter nooit van buite af nie. Omstandighede kan bloot as 'n spieël dien van wat aan die binnekant aangaan.


Ons gaan Sondag gesels oor ons toonaangewende filters op die Realiteit - dit wat Is - wat in ons elkeen is. Die goed wat ons blind maak, vasvang en in die donker hou. Die wonderlike skrywer, Anthony de Mello, het ons binnewerke vergelyk met die president se lessenaar. Vir die Realiteit (wat nie van 'n verafgeleë, geestelike land af kom nie, maar vanuit die hart van dinge) om deur al ons filters te kom is omtrent so moelik vir 'n dokument om uiteindelik die president se lessenaar te haal. Daar is soveel screening en prosessering en middelmannetjies waardeur versoeke, klagtes en sake moet gaan om uiteindelik die president se aandag te kry, onder sy oë te kom, dat dit vir hom haas onmoontlik is om die groot prentjie te kan sien, of een van sy burgers se klein stemmetjies te kan hoor. "We impose our definitions of God on reality instead of reality reveal God", soos Richard Rohr sê.


Die hart van die Lewe soos dit Is staan nie eintlik 'n kans om deur al ons filters en formules en definisies te kom sodat ons dit uiteindelik kan sien, soos dit Is en nie soos ons is nie. Ons middelmanne is ons verknogthede, ons (klein)gelofies en ons vrese. Dit maak ons kortsigtig, uitsigloos en blind. Vir die hart van goed ... vir die Hart van God. Solank ons dit nie raaksien nie. As ons bereid is om dit in die gesig te staar, dit na die oppervlak van ons bewustheid te bring, kan ons daarvan gered word.


Dis soos om na 'n simfonie-orkes te gaan luister en net die tromme te hoor. Die strykers en blasers kan verruklike stukke speel en briljant wees daarin, as ek net die tromme hoor, gaan dit aaklig en ongebalanseerd klink. 'n Kakofonie. Ons verknogthede en kopgelowe en vrese is so oorverdowend en oogverblindend dat ons nie die simfonie van die lewe kan ervaar nie. En as ek nie bewus is van hierdie filters nie, gaan dit my ganse lewe begin vorm. "Everything you are unaware of, will shape your life" soos Simon altyd sê op die Heart Quests, ons onderskeidingstydperke.


Dis nie maklik om dit te sien nie omdat hierdie filters so intrinsiek verweef is met my sin van selfie. Die self wie ek dink ek in stand moet hou en definieer en stryk en gelyk maak. Ons dink ons verknogthede maak ons lewe opwindend en veilig, ons gelofies het ons gemaak wie ons is en ons vrese beskerm ons. Dit laat ons voel of ons planne het en verstil die innerlike uitsigloosheid so effe. Maar dis dieselfde middelmanne wat eendag by ons sterfbed gaan wagstaan en ons gaan laat voel dat ons ons drome opgegee het om ons ons dae te beskerm.


Jesus het meer oor hierdie filters gepraat as oor enige iets anders. Ons sê "Die liefde is blind", Hy nie. Daar is niks wat so heldersiende is soos Liefde nie. Al kan ons hierdie jaar niks doen aan die feit dat dit voel of ons publieke lewe "on hold" gesit is en ons nie toekomsvisie het nie, kan ons iets doen aan die lense waarmee ons na die Realiteit kyk.


... Reality came forth to her, since her eyes were cleansed to see It, not from some strange far-off and spiritual country, but gently, from the very heart of things.


Geskryf deur Frieda Van Den Heever.

INVIA WHITE.png
  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon
  • White Instagram Icon

Kontaklys:

 

Theo Geyser | Spanleier: InVia Gemeente

 

Wilma Enslin-Geyser | Enneagram | Kids@Invia | Finansies | Kinderhuise

Francois van der Merwe | Musiek en Kreatiwiteit | Viridis | Tegnologie

Frieda van den Heever | Liturgie | Prediking

Anelle Erasmus | Sekretaresse

Corlia Hattingh | Kids@InVia & YoungTeens

Carmen Platt | Sosiale Media | Kids@InVia & YoungTeens

Kantoor: inviagemeente@gmail.com021 882 8339

Alle regte voorbehou © InVia Gemeente 2021 |  ONDERSTEUN INVIA