top of page

Die Pad wat min Loop: onthouding


Ek het ‘n mooi storie by Ronald Rolheiser gehoor. Drie monnike bid. Een monnik sien in sy gebed hoe hy opgetel word na die hemel met engele. Die ander monnik bid en sien hoe hy reeds in die hemel is en saam met kore en duisende mense God aanbid. Die derde monnik bid en dink aan ‘n hamburger. Laataand moes die junior demoon verslag lewer oor sy dag se werk en dit lui toe so: “Drie monnike is versoek en net twee het gestruikel!”

Daar is vele wysheid in die storie. Eerstens, ons kan met godsdiens ook versoek word. Tweedens, kan hamburgers geestelik wees? Dit is maklik om God in die geestelike dele van ons lewe te kry, moeiliker om God in ons verlanges, woede, seksuele begeertes, wyn en pasta en al die goed wat dalk net te lekker en aards klink, te kry.

‘n Derde stuk wysheid uit die storie is dalk dat ons nie altyd kan sien waarmee ons versoek word nie.

Lent is ‘n tydperk om nader te kom aan die versoekings in ons lewe wat ons nie altyd kan sien nie. Die duiwel verander mos in “’n engel van die lig…”11 Kor 11:14.

Deur die eeue het mense geglo dat onthouding ons kan help om ons lewens beter in God raak te sien.

Ons gesels Sondag oor onthouding en hoe die hamburger sowel as die engele ‘n gawe op my geestelike reis kan word.


- Deur Theo Geyser


bottom of page