Waarom God boekhou van trane...


Wat doen ek wanneer my hand op ‘n warmplaat gebrand word? Ek ruk dit weg, en draai dadelik van die pyn af weg. Dit is ons natuurlike instink met enige pyn. Nie net fisies nie, maar ook emosioneel en psigies. Wanneer ‘n kind huil of iemand hartseer is, gryp ons gewoonlik dadelik in en doen alles om te pyn te versag en te vermy.

Jesus sal jou leer om nie weg te draai nie, maar eerder na die pyn toe te draai. Hy gaan huil oor Johannes die Doper wat onthoof is. Hy gaan na Laserus toe en huil voor die graf. Hy gaan na Jerusalem toe en huil oor die ongeregtigheid en verlorenheid van Israel. Jesus weier 'n verdowingsmiddel vir pyn aan die kruis.

Ons moet huil.

Maar ons kultuur gee ons nie toestemming nie. Daar is nie tyd nie. Ons moet vining aanbeweeg. Ons moet dit ook net nie wys nie, want ons moet sterk wees. Of erger, ons moet een of ander godsdienstige rede vind dat God nie dalk sleg lyk nie, en dat ons hartseer in wonderwerke verander.

Gun wonder Amos raai Israel aan dat hulle feeste eerder treurgeleenthede moet word en vrolike liedere eerder klaagsange.

Ons gesels Sondag oor die krag van trane en alhoewel die gelowige mense dikwels die pad om trane kies, leer Jesus ons hoe om vertroosting en hoop binne ons trane te vind. God hou immers boek van ons trane (Ps 56:9).


- Deur Theo Geyser