Die lewe is 'n lied
- inviagemeente
- 5 hours ago
- 6 min read

Someday, after mastering the winds, the waves, the tides and gravity, we shall harness for God the energies of love, and then, for a second time in the history of the world, man will have discovered fire. Pierre Teilhard de Chardin
Ek het onlangs hierdie song van Dermot Kennedy gehoor en dit het my diep geraak. Net so van toepassing op romantiese liefde as op dié in enige verhouding of net: lewe.
I don't hear melodies
I just hear words
When you say you love me
And that's why it hurts
We used to sing symphonies
Now we can't carry a tune
I don't hear melodies
The way I used to
I wanna see rainbows
But I just see rain
I wish I could make believe
We feel the same way
We used to be colorful
But now we're just wrapped up in blue
I wanna see rainbows
The way I used to
'Cause you deserve melodies
More than just words
And I'll always love you
That's why it hurts
We used to sing symphonies
But now we can't carry a tune
I wanna hear melodies
The way I used to
As daar gepreek word oor liefde, is die kerk gewoonlik voller as gewoonlik. Ons word aangetrek na die woord, soos ’n magneet. Al het ons nie die vaagste benul wat dit werklik beteken nie. Al het ons al keer op keer seergekry deur die woorde “Ek is lief vir jou” wat so mooi klink. Al het ons self al ander seergemaak met hierdie presiese woorde. Dis g’n wonder nie. Ons is aanmekaar gesit met en deur en vir die liefde. En dit bly die wonder. Maar ’n blote gewonder daaroor en ’n verwondering daardeur, gaan nie een van ons beter lovers maak nie.
Die titel van Erich Fromm se boek “The Art of Loving” maak geen geheim daarvan nie: liefhê is ’n kuns. En soos met enige ander kunsvorm, is daar verskillende genres. Nog meer belangrik, soos in enige ander kuns, verg dit oefening. En die beoefening van ’n kuns verg dissipline, konsentrasie, geduld en bowenal ’n erns om die kuns te bemeester. En om gelate te aanvaar dat oefen nie daar is vir goed lyk nie – jy gaan nie altyd goed lyk terwyl jy oefen nie.
Ons hoor daagliks al die wonderlike goed van liefde - op advertensieborde wat romantiese liefde verkoop en in die kerk wat Goddelike liefde verkondig. Liefde, die essensie van God se wese en die mees fundamentele dryfveer in Sy handelinge. Maar wat is liefde? Wat is die inhoud daarvan en wat beteken dit in jou daaglikse lewe? Ek sê daagliks vir ten minste vier mense “Ek is lief vir jou”, soms uit gewoonte of voor iemand van die huis af ry of voor slaaptyd, ander kere meer nadenkend. Maar wat beteken dit regtig? En maak ek elke dag erns met hierdie kuns? Ek’s bevrees nie.
Ek vermoed meeste van ons oefen meeste dae harder om fiks te word as wat ons oefen hoe om lief te hê. Ons het almal aspirasies: om ’n goeie ma te wees, ’n suksesvolle praktyk te bestuur, om ’n goeie kind vir my ouers te wees of ’n goeie reputasie te bou. Vir hoeveel van ons is dit prioriteit om ’n goeie lover te word? En daarmee bedoel ek nie om jou pad boontoe oop te slaap of te werk aan jou slaapkamertegnieke nie. Lover in elke sin van die woord. Liefhebber. ’n Mens wat maar mág liefhê, soos wat ’n goeie kunstenaar maar mág skilder en uitstallings hou om die ure van toewyding ten toon te stel.
Die woorde van Paulus in Filippense 1 het my opnuut getref hierdie week:
So this is my prayer: that your love will flourish and that you will not only love much but well. Learn to love appropriately. You need to use your head and test your feelings so that your love is sincere and intelligent, not sentimental gush. Live a lover's life, circumspect and exemplary, a life Jesus will be proud of.
As ek net “much” gaan liefhê, en nie ook “well” nie, kan ek so “much” sing as wat ek wil, niemand gaan na my songs wil luister nie. As ons onsself bly flous deur te sê “Ek is baie lief vir jou”, maar dit wys nie in hoe gepas en raak ons mekaar liefhet nie, gaan ons nooit werklik goeie lovers - doers of love - word nie. Dan gaan ons óf net die woorde van die lied ken of net die melodie. Om die woorde te ken is soos om ‘n definisie van liefde te ken. Dis kennis. Om die melodie te ken en dit te kan interpreteer is om toe te laat, soos Paulus se gebed in Afrikaans, dat ons liefde toeneem in begrip en fyn aanvoeling.
Chris van der Merwe skryf in sy boek “Die Wonder van die Goddelike Liefde”: “Om die liefde te begryp, is dit nodig om te begin by die “goue reël” wat Jesus gegee het: “Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen, want dit is die wet en die profete.” (Matt. 7:12) … Maar daar is mense wat praat van ’n “platinumreël” wat aan die goue reël toegevoeg moet word. Dié reël bepaal dat jy die beste vir ander moet begeer in ooreenstemming met hul begeertes en nie volgens wat jy dink die beste vir hulle is nie. Bernard Bosanquet het gesê: “When the Absolute falls into the water, it becomes a fish.”
Die absolute liefde van God wat in die mens tot uiting kom, neem in elke situasie ’n ander vorm aan, na gelang van die behoeftes van daardie spesifieke situasie. Die heerlikheid daarvan, het ons gesien in die Woord wat vlees geword het – vol genade en waarheid. Nie 50% genade en 50% waarheid nie. Vol van beide. Waarheid (woorde in ons lied se geval) sonder genade (die melodie in ons lied) is hard, ongenaakbaar, korrek, koud en fundamentalisties. Genade sonder waarheid is sentimenteel, vals en verwarrend. Die uitnodiging vir ons is om te weet wanneer om op te tree en wanneer om niks te doen nie, wanneer ons moet troos en wanneer ons bloot teenwoordig moet wees, wanneer ons moet raad gee of wanneer ons net moet hoor, wanneer ons moet praat en wanneer ons moet stilbly, wanneer ons hard en wanneer ons sag moet wees. As liefde betoon word op ’n manier wat nie vir die spesifieke situasie reg is nie, wek dit net verset. Ons moet nie die vis waarvan Bosanquet gepraat het, op die land laat kom of probeer om leeus te laat vlieg nie. Die liefde moet die vorm aanneem wat die situasie vereis.
Dit is om regtig nie net “much” nie, maar ook “well” lief te hê. Wat vra dit van jou vandag? En hoe sal ’n wêreld vol lovers lyk? Mag ek en jy vandag nog begin oefen om lief te hê. Met dissipline, konsentrasie, geduld en bowenal die hartsbegeerte om hierdie kuns te bemeester. Waarlik “gretig om lief te hê”, soos Richard Rohr se wonderlike boek oor die liefde getitel is. Hy skryf daarin:
“He and she died into the life that they loved
instead of living in fear of any death that could end their life.
They were both so very eager to love,
and somehow knew that dying to the old and unneeded
was an essential part of living this life at any depth.”
Hy sluit dit so af:
“So by all means, every day, and in every way, we must choose to live in love - it is mostly a decision - and even be eager to learn the ever deeper ways of love - which is the unearned grace that follows from the decision! Then I can only end with Pope Francis’s plea: “So what are we waiting for?”
Waarvoor wag ons?!
Live love. Let love invade you.
It will never fail in telling you what to do.
Sue Monk Kidd
Watch what God does, and then you do it. Mostly what God does is love you. Keep company with him and learn a life of love. Observe how Christ loved us. His love was not cautious but extravagant. He didn’t love in order to get something from us but to give everything of himself to us. Love like that. Ephesians 5 (MSG)
- Frieda van den Heever




