top of page

Die Here is my herder … tussen die stof en die sterre

ree

U het my gevul

met die brood van blydskap.

Kyk hoe leef ek en leef my omgewing!

Alles bespring my aandag

om U te begroet en omgeef van te wees:

transfigurerende kragveld, Jesus.

Talm, ek bid U, 'n uur, nee ure,

deurgloei elke sel en molekuul

want so was dit van nature eenmaal,

sal dit weer wees u triomfantelike wil.


Sheila Cussons



 … “Hy verkwik my siel; 

Hy lei my in die spore van geregtigheid 

ter wille van sy Naam.”


Ps. 23:3


Die woord “verkwik” is vir my so mooi ek dink ons moet dit terugbring. Weer deel maak van die Gen Z-lingo. Of miskien is dit te laat en moet ons maar werk maak van Gen Alpha. Verbeel jou. Maar dis nie iets wat mens jou bloot kan verbeel nie. Dit wat op sielsvlak gebeur, word ‘n fisiese werklikheid. Die HAT beskryf “verkwik” as opfris, verfris, laaf, opbeur, opwek, nuwe krag en moed gee … ‘n ou woord wat nuwe lewe beteken.


‘n Paar (of selfs meer) van ons sal dit kan verbind aan ‘n “lafenissie” of ‘n “versterkinkie” in ‘n glas na ‘n lang week … soos my vriendin nou die dag na een van daai dae sê, “Ek soek nou ‘n yskoue geklingel in my hand.” In die Bybel word die woord “verkwik” ook op ander plekke, met die mooiste metafore ingespan.


In Hosea 6 staan daar: “Kom ons gaan terug na die Here, want Hý het ons verskeur maar sal ons weer gesond maak, Hý het ons geslaan maar sal weer ons wonde verbind. Hy sal ons na twee dae 'n nuwe lewe laat begin. Hy sal ons op die derde dag weer krag gee sodat ons in sy teenwoordigheid kan leef. Kom ons wy ons aan Hom toe, kom ons streef daarna om ons aan die Here toe te wy. Die Here sal verskyn, so seker as die son opkom, Hy sal na ons toe kom soos stortreën, Hy sal ons verkwik soos lentereëns die grond verkwik.”


En in Deuteronomium 32: 


“Hoor, hemele, ek praat,

luister na my woorde, aarde!

My onderrig kom na julle toe soos reënwater,

my woorde verkwik julle soos dou,

soos sagte reëns op die grassies,

soos reënbuie op die graan.”



Ek het nog so bietjie gaan diepduik agter die etimologie van die woord aan en afgekom op die verband met die woord “quicken(ing)”. Wanneer ‘n vrou swanger is, is quickening die term wat gebruik word vir die oomblik wanneer sy die eerste keer die fetus in haar voel fladder. Daar is in antieke filosofie geglo (en die idee is later aangeneem deur sommige godsdienste en regsteorieë) dat die quickening die moment aanteken wat ‘n siel die fetus binnegaan. Besieling. Inspirasie. Aanvuring. Oplewing. Lewendigmaking.



Oliver Burkeman skryf op sy betekenisvolle webtuiste in ‘n post wat hy noem Navigating by aliveness:


The concept that sits right at the heart of a sane and meaningful life, I’m increasingly convinced, is something like aliveness. It goes by other names, too, none of which quite nail it – but it’s the one thing that, so long as you navigate by it, you’ll never go too far wrong. Sometimes it feels like a subtle electrical charge behind what’s happening, or a mildly heightened sense of clarity, or sometimes like nothing I can put into words at all. 



Hy gee dan toe dat dit ‘n hopelooslik onwetenskaplike idee is, maar dat hy oortuig daarvan is dat dit wat Joseph Campbell bedoel het toe hy gepraat het van "the rapture of being alive." 'n Diep, ekstase-agtige gevoel van verbondenheid met die lewe self – om voluit, bewustelik en met verwondering te leef. Hierdie frase is bekend uit ’n onderhoud wat hy met Bill Moyers gevoer het in The Power of Myth, waar hy sê:


“People say that what we’re all seeking is a meaning for life. I don’t think that’s what we’re really seeking. I think what we’re seeking is an experience of being alive… so that we actually feel the rapture of being alive.”



In letterlike terme, is “aliveness” of lewendigheid natuurlik nie die regte woord nie, want ons almal is lewendig. Maar mens weet dit as jy dit weet, of voel. ‘n Lewendig wees wat aan die anderkant van bloot bestaan lê. Of fladder. Die Afrika-spreekwoord lui: “When death finds you, may it find you alive.” Mag die dood jou lewendig aantref. Vol lewe. Vol siel.


Lewendig wees is natuurlik nie dieselfde as geluk (happiness) nie. Die Zen-leermeester Christian Dillo beskryf in sy boeiende boek The Path of Aliveness dat jy absoluut lewendig kan voel te midde van groot hartseer. 


“Aliveness isn’t about feeling better; it’s about feeling better.” 



Is dit moontlik dat mens op jou lewendigste kan voel as jy op jou minste het om te verloor? As jy op die rand van vernietiging staan? As jy aan die einde van jou tou is? As die bodem uitgeval het? As Jesus dit geleer het (altyd en oral, maar veral in sy bergpredikasie) en as Thomas Merton so meen, mag dit dalk net waar wees:


“God is near to us at the point that is just before final destruction. Take away everything else down to that point of final destruction, and the last little bit that’s left before destruction, a little kernel of gold which is the essence of you–and there is God protecting it…And this is something terrific. …[We] don’t normally get into that centre unless we’re brought to the edge of what looks like destruction. In other words, we have to be facing the possibility of the destruction of everything else to know this will not be destroyed.”



David Whyte verwoord dit meer poëties:


Self Portrait


It doesn't interest me if there is one God

Or many gods.

I want to know if you belong – or feel abandoned;

If you know despair

Or can see it in others.

I want to know

If you are prepared to live in the world

With its harsh need to change you;

If you can look back with firm eyes

Saying "this is where I stand."

I want to know if you know how to melt

Into that fierce heat of living

Falling toward the centre of your longing.

I want to know if you are willing

To live day by day

With the consequence of love

And the bitter unwanted passion

Of your sure defeat.

I have been told

In that fierce embrace

Even the gods

Speak of God.


Dit gaan nie oor beter voel nie, maar oor beter voel. Om met meer van jou te kan voel, te kan ervaar, te kan beleef, jou lewe voluit te kan bewoon. Dan raak die gesprek oor AI ekstra interessant … AI AI AI. Want, soos Nick Cave geantwoord het toe hy gevra is of AI ‘n great song kan skryf: “AI would have the capacity to write a good song, but not a great one. It lacks the nerve. Love, Nick.

It lacks the nerve. 



Al die psalms, en veral hierdie psalm se derde vers, gaan oor die senu-wees. Die nerve om skepsel te wees en nie masjien nie. In die wyse Wendell Berry se woorde: “It is easy for me to imagine that the next great division of the world will be between people who wish to live as creatures and people who wish to live as machines.”


Die Here is die kragopwekker. Die lewensbron. Hy gee aan ons die verrukking van lewendig wees. Die fladdering van die siel. Die siel wat jou anker in jouself, laat tuiskom in jouself en terselfdertyd verbind aan alles anders. Voete op die grond, vlerke in die ewigheid. Tussen die stof en die sterre.



Cynthia Bourgeault beskryf hierdie kwaliteit van lewendig wees as “die pad van geregtigheid”:


Long before we know Jesus, we have had experiences of being swept up in the flow of God’s good purpose. This “quality of aliveness” was called “righteousness” in the Old Testament, as in Psalm 23: “He restores my soul; he guides me in the paths of righteousness.” Unlike how many people read that couplet, the psalmist did not mean we should stay within the lines of a moral template so we will succeed at building an ideal replica of God’s kingdom and be justified by it. The poet was reminding us we live in a Spirit-charged “force field” (as we might picture it), a force field in which everything we do must move in order to come to fruit. The inner and outer need to sync up: our souls are restored and our feet are guided …


In the New Testament, Paul calls this territory “in Christ.” In Christ we find that quality of aliveness we need.



Ons gaan Sondag gesels oor hierdie ryk skrifgedeelte wat getuig van herstel, van rigting en van rede. 


You restore my soul.

You lead me in the path of goodness

to follow Love’s way.


Nan Merrill



Van ‘n herder se sagte sprong én sy vasvat… 


Dit kom wanneer dit nie verwag

word nie:  'n aanraking van die verstand

lig soos 'n veer, vlugtig maar presies

en jy dink as sy ligtheid so is, so potent

dat die aandag nog lank daarna

die indruk behou, hoe moet sy vasvat wees?

:  Dit kom wanneer dit nie verwag 

word nie:  iets wat die bewussyn tot

in die lewe tref, iets soos 'n sagte sprong – 

vreugde, verbasing, vreugde, herkenning:

hoe moet u vasvat wees?


Sheila Cussons



‘n Laaste woord oor besieling of besieldheid en ‘n ontmoeting wat ‘n week gelede my gedagtes en gevoeltes kom verander het:


Dallas Willard sê: 

What is running your life at any given moment is your soul. Not external circumstances, not your thoughts, not your intentions, not even your feelings, but your soul. The soul is that aspect of your whole being that correlates, integrates, and enlivens everything going on in the various dimensions of the self. The soul is the life center of human beings. 


Your soul is what integrates your will (your intentions), your mind (your thoughts and feelings, your values and conscience), and your body (your face, body language, and actions) into a single life. A soul is healthy — well-ordered — when there is harmony between these three entities and God’s intent for all creation. When you are connected with God and other people in life, you have a healthy soul. 


Greatness of soul is available to people who do not have the luxury of being ecstatic about the condition and appearance of their bodies. 



Ek het ‘n week terug in die Atterbury Teater gaan optree, ek sing so bietjie in my vrye tyd. Toe ek op die verhoog stap, het ek nou nogals nie die nerve gelack nie. Dis vreemde turf vir my, daar sit 300 mense (en ek weet hoe kosbaar is almal se tyd) en voor my wag die mooiste klavier waarop ek nog ooit gespeel het. En net voor ek gaan sit, hoor ek ‘n kinderstemmetjie: “Daarsy!” Die ys is gebreek en ek beaam dankbaar, “Daarsy. Hier gat ons.” 


Ek ontmoet die gesiggie agter die stemmetjie na die vertoning. Sy ouers het hom van die verhoog af gebid, anders sou hy ophardloop en by my kom sit en saamsing. Hy steel my hart en ek voel ‘n fladdering in my siel. In ‘n ommesientjie … draai alles net om ‘n seuntjie. Hy kyk na my, na weke se uitsien, nie met ‘n soort heldeverering soos mens mos maar baie by kinders en popsterre kry nie. Hy kyk nie op nie, nie af nie, maar reguit na my en vertel my dat ons eintlik beste vriende is en toe begin praat ons oor die musiek en ek besef hy hoor nie my deeglik deurdagte lirieke, my cute woordspelings of diep innuendos nie. Hy luister met ander ore. Met sy siel. Ek laat sak my kop in skaamte en my gees word opgelig. Ek het eers later besef die tienjarige Matt, wat Downs se sindroom het, het bedoel “Daar’s sy.” Gees tot gees. Want greatness of soul is vir dié beskore wat nie die luukse het om ekstaties te wees oor die toestand en voorkoms van hulle liggame nie. 



Deur Frieda van den Heever

bottom of page