top of page

Die Heilige Gees as Jaloerse Minnaar



In die Bybel word daar 13 keer melding gemaak dat God jaloers is en dat daar selfs genoem word dat “…die Here se Naam is Jaloers …” (Ex 34:14). Dit klink vreemd en behoort jou ongemaklik te laat voel. Dit was Oprah Winfrey wat gesê dat indien God jaloers is, wil sy nie in so God glo nie, en ek vermoed dat baie ander mense voel so.

Daar is drie en dalk nog meer scenarios wat ons kan help dink oor hierdie moeilike tema: Eerstens, dat God nie volmaak is nie en besit negatiewe karaktertrekke. Tweedens, dat die Bybel baie foute het en stel God baie keer verkeerd voor. Laastens, ons verstaan dat wat jaloesie in die Bybel is, dalk verkeerd mag wees.

Die Bybel stel ons aan negatiewe en positiewe jaloesie voor. Dis eenvoudig. Wanneer iemand met jou man of vrou flirt behoort jy briesend jaloers te wees en dit is ‘n goeie teken dat jy omgee vir iemand anders. Gesonde jaloesie is nie selfgesentreed nie, maar ander-georieënteerd. Dit is die liefde wat die ander wil beskerm.

Ons gesels Sondag oor Jak 4:5 wat die Heilige Gees binne ons ‘n “fiercely jealous lover” noem. Hoe help die Heilige Gees ons om ons eie selfgesentreerde jaloesie om te skakel in ‘n gesonde ander-gesentreede jaloesie? Jakobus skroom nie om ons te wys waar die geboorteplek van selfgesentreede jaloesie vandaan kom nie, en hoe die Heilige Gees wat binne ons ons wil lei na ‘n jaloesie wat heilig en lewendgewend is!


Comments


bottom of page