top of page

Deur mure – Knyp die kat




“The world is the closed door. It is a barrier. And at the same time it is the way through.


Two prisoners whose cells adjoin, communicate with each other by knocking on the wall. The wall is the thing which separates them but it is also their means of communication. … Every separation is a link.”


Simone Weil


Ons begin hierdie week ‘n nuwe reeks waarbinne ons gaan gesels oor sekere mure in ons lewens. Dieselfde muur kan ‘n skeiding of ‘n samekoms beteken. Ons gesels Sondag oor geheime. Die Latyn waaruit die woord “secret” beteken “to separate / set apart” en die Duits waarvan ons woord “geheim” en “heimlik” kom, beteken “huis-lik” (afhangend van die huis waarin jy grootgeword het, sal jou interpretasie wees: veilig en geborge of dit wat agter toe deure gebeur en verrot sonder lug van buite.


Dis hoe dit is met geheime.


"A secret is a kind of promise ... It can also be a prison." 


Jennifer Lee Carrell, Interred With Their Bones


Michael Slepian bestudeer die studie van geheimhouding en het onlangs ‘n boek geskryf met die titel “The Secret Life of Secrets” waarin hy sy fassinerende navorsing deel. Duisende mense het deelgeneem aan die studie en daar is bevind dat daar 38 verskillende kategorieë van geheime is. 97% van die mense in die studie het ten minste een van die geheime gehad op die tydstip en die gemiddelde mens het 13 van hierdie geheime op enige gegewe tyd. 8 daarvan is met een of meer mense gedeel en 5 met niemand. Die top 5, vir interessantheid, het te make gehad met leuens wat vertel is, romantiese begeerte, finansies en geld, seksuele gedrag en “ekstra-relasionele” (buitemuurse) gedagtes.


"Man is not what he thinks he is, he is what he hides." 


André Malraux


Baie van die geheime ter sprake het te make met stigma, skande en skuld. Ons ken die ou gesegde “You’re only as sick as your secrets.” Daar’s egter ook ‘n helder kant aan geheime. Die stowwerige, asemlose kant voel vir my soos “geheime hou” en die oop een vol suurstof soos “geheime deel”. Om ‘n geheim te deel is ‘n betekenisvolle daad van intimiteit omdat daar soveel kwesbaarheid en vertroue betrokke is – dis hoe ons ons laat ken. Wedersydse openbaarmaking is een van die kragtigste bestanddele in ‘n verhouding. As jy vir ‘n kleuter gaan vra wat ‘n geheim is, gaan hulle waarskynlik antwoord dat dit iets is wat jy net met jou beste maatjie deel. Hulle verstaan: geheime is daar om gedeel te word. Nie uitgelap nie, nie verkondig nie; gedeel. Met iemand wat jy vertrou. 


“If it’s not your story to tell, you don’t tell it.”

Iyanla Vanzant


Verdedig jou saak teen jou naaste, maar openbaar ‘n ander se geheim nie.


Spr. 25:9


Die Bybel (en natuurlik veral Spreuke) is baie uitgesproke oor mense wat geheime verklap en ander mense in die rug steek. Jesus het sy dissipels gemaan om sekere geheime net mekaar te deel en Hy sê in Matteus 6 daar is ‘n paar dinge wat definitief “in die verborgene” moet gebeur en drie daarvan is liefdadigheid, bid en vas. En dan sal jou Vader wat in die verborgene sien jou in die openbaar vergeld.


Dis snaaks, die Een wat die meeste (lees: alles) van my weet oordeel my die minste.

En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het.


Heb. 4:12-13


So die muur staan so en die vraag is dit:


In Wie se diens staan jou geheim? Wie is die Werkgewer van hierdie geheim?


As dit Vrees is, gaan dit lei tot isolasie en alleenheid, soos in ‘n huis waarvan die mure alles anders uitsluit en weghou:


Nothing makes us so lonely as our secrets.


Paul Tournier


As dit Liefde is, tot dieper verbondenheid, soos in ‘n huis waar vertroue en warmte is, genoeg om ander ook te verwelkom:


“A secret’s worth depends on the people from whom it must be kept.” 


Carlos Ruiz Zafón (The Shadow of the Wind)


Staan jou geheim in diens van die Skeiding (duiwels = “diabolos” = “to throw apart”) of van die Samebinder (religion = religare = “re-binding”)?


Geheime kan maak of breek. 


"We dance round in a ring and suppose, but the Secret sits in the middle and knows." 

Robert Frost, The Secret Sits



Huiswerk vir die week: 


Lees “All the true vows” (David Whyte – The house of belonging) 

Luister ‘n slag weer “Unpack your heart” (Phillip Phillips) as jy in die kar is of huis skoonmaak.


Deur Frieda van den Heever



bottom of page