top of page

By die riviere van Babel: Hoop



Op 1 September 1939 het Duitsland Poland ingeval. Dit was die begin van die Tweede Wêreldoorlog. Van die oorlewendes vertel dat die Nazis Rabbi’s se baarde aan die brand gesteek het, kinders op die bors van hulle moeder dood gemaak het, en dan is hulle verplig om Joodse liedere te sing en te dans.


Psalm 137 is soortgelyke verhaal. Die inval word deur die Babiloniërs uitgevoer. Hulle doen die Jode leed aan terwyl hulle dan ook sarkasties vra om vrolik te word en 'n lied oor Sion te sing! Vs. 3. Ek vermoed die wens dat hulle die Babiloniese kinders teen rotse kan doodslaan in vs 9 moontlik is wat hulle onder hulle eie mense gesien het.

Wat doen jy met sulke pyn? Wat doen jy met jou vyande? Wat wens jy vir hulle?

Groot gedeeltes van die Psalm 137 is in die verlede bloot geïgnoreer omdat ons nie weet wat om met sulke haatspraak te doen nie. Tog is daar vandag teoloë soos Walter Bruggemann, Miroslav Volf en ander, wat pleit dat Ps. 137 weer sentraal in ons liturgie gebruik moet word omdat dit enorme hoop kan gee in tye van verlies.

Ons gesels Sondag oor hoop en gaan kyk waarom hierdie gedig deur Israel herhaaldelik gebruik was in hulle samekomste. Hoop is nie 'n vae gevoel dat dinge gaan uitwerk nie. Jy kry dit deur God te onthou en nie selektief met jou geheue om te gaan nie. Jy kry dit deur die eerlikheid van wat is. Jy kry God se toekoms in die teenwoordige tyd, in Desmond Tutu se woorde: Hoop is om God se lig in die donker te sien.




bottom of page