top of page

Wysheid vir die Winter: Be-heer of die Heer?




Ek was nog altyd mal oor die wintervakansie. Om spoed te verloor. Onder meer komberse te sit. Om Wimbledon te kyk. Dit het nog altyd geruik na sop en nuwe tennisballe die oomblik as jy die blik se deksel aftrek en varsgebakte beskuit en Namakwalandgrond wat voorberei vir blomme uitstoot. Meer onlangs het dit die reuk van siekte en verlies bygekry, maar die spoedverloor bring my steeds in aanraking met die dele van myself wat onder my nek is. Die dinge wat ek nie kan uitdink of beredeneer nie. Wat ek nie kan beheer nie. 


Die goed waarop ek nie ‘n vinger kan lê nie. Die enigste goed wat juis daarom ‘n hand op my kan kry. ‘n Sagte oorhand. Richard Rohr sê mos dis net die goed wat ons nie weet wat om mee te maak nie wat iets met ons kan maak.


Op papier is ek ‘n gelowige. Op papier kan ek enigiets wees. Op skerms ook. Ons het onlangs vir ‘n paar dae gekamp teen die Oranjerivier sonder enige selfoonontvangs. Mens is anders sonder jou foon. Jy’s ‘n ander mens sonder ‘n foon. Toe ek nie my ouers in die hande kon kry vir 16 uur nie (daar was ook fout met hulle netwerk), het my kop begin spin. Toe die dominee een vars môre daar teen die rivier uitslaan om my oom te kom besoek, het ek ‘n doodstyding verwag. Soos in die tyd toe die lewe en naburiges tydings oorgedra het voor vreemdelinge op fone. Die seinlose dae teen die rivier het my baie laat nadink oor my papiergeloof en my hierwees. Hoe ver my glo en my wees van mekaar is. Hoeveel my prakties my teoretiese punt sou aftrek, as dit eksamen was. As God se wiskunde soos myne gelyk het. As God rekenkunde aangebied het. Eugene Peterson vertaal Romeine 9 so in die Message Bible:


Hosea put it well:


I’ll call nobodies and make them somebodies;

    I’ll call the unloved and make them beloved.

In the place where they yelled out, “You’re nobody!”

    they’re calling you “God’s living children.”


Isaiah maintained this same emphasis:


If each grain of sand on the seashore were numbered

    and the sum labeled “chosen of God,”

They’d be numbers still, not names;

    salvation comes by personal selection.

God doesn’t count us; he calls us by name.

    Arithmetic is not his focus.


How can we sum this up? All those people who didn’t seem interested in what God was doing actually embraced what God was doing as he straightened out their lives. And Israel, who seemed so interested in reading and talking about what God was doing, missed it. How could they miss it? Because instead of trusting God, they took over. They were absorbed in what they themselves were doing. They were so absorbed in their “God projects” that they didn’t notice God right in front of them, like a huge rock in the middle of the road. And so they stumbled into him and went sprawling. Isaiah (again!) gives us the metaphor for pulling this together:


Careful! I’ve put a huge stone on the road to Mount Zion,

    a stone you can’t get around.

But the stone is me! If you’re looking for me,

    you’ll find me on the way, not in the way.


Ek dink nie ons kan ons koek hou én dit eet nie. In hierdie geval is dit nie both/and nie. Ons kan nie beheer én die Heer vertrou nie. Dis soos een van die hoofstukke in Michael Singer se The Untethered Soul se titel: Let go now or fall. Elizabeth Gilbert het dit eens amper so gestel: Ek is bang vir oorgawe, want ek is bang om beheer te verloor. Maar wat ek gehad het, was nooit beheer nie – dit was angs.


Ons komplimenteer graag iemand wat alles met “oorgawe” aanpak en bedoel dan eintlik seker: voluit, met passie. Maar oorgawe is nie iets wat mens kan byvoeg, soos ‘n bestanddeel in ‘n resep nie: meng dit MET melk. Oorgawe is die mengbak. Dis nie met nie; dis in. 


Want oorgawe – die voluit, passiesoort – kom maklik as ek in my groove is, as ek weet hoe om te dans op die ritme wat die lewe tans speel. As ek “weet wat ek doen”, as alles voorspoedig gaan, as ek my mylpale haal, my bevordering kry, applous van ander, goeie gesondheid … Dis wanneer ‘n onbekende ritme inskop, of ‘n stuk musiek waarvan die ritme op vreemde polsslae val, of erger nog, ‘n soort stilte wat sonder enige polsslae blyk te wees … dis dan wat my papiere en pedigrees niks beteken nie. 


Vliegtuie en hospitale – waar mens se voete in die lug is; nie die vibrasies van die ritme kan voel deur die grond nie – is waar die tekkie die teer slat vir my. Waar ek besef my uithouspiere is baie sterker as my oorgeespiere. Turbulensie in die lug en narkose in die hospitaal. Waar mens nie op jou voete kan dink of staan nie. Die plekke waar die instruksie “Breathe through your feet” al is wat ek myself kan kry om te beliggaam.


Om die grond te verlaat of om onder(gronds) te gaan is 'n oefening in oorgawe. Om halsoorkop verlief te wees grens seker daaraan. En swanger wees ook. Die buite beheer staan of val of lê wat ons verbind met ons ware menswees, ons afhanklikheid, ons verganklikheid. Ons leef eintlik die hele tyd, van ons eerste tot ons laaste asemteug tussen wakkerword en oorgawe. Selfs ons daaglikse ritme herinner ons daaraan. John O’Donohue ook:


Each morning we awaken to the light and the invitation to a new day in the world of time; each night we surrender to the dark to be taken to play in the world of dreams where time is no more. At birth we were awakened and emerged to become visible in the world. At death we will surrender again to the dark to become invisible. Awakening and surrender: they frame each day and each life; between them the journey where anything can happen, the beauty and the frailty.


Ons kan nie naarstigtelik vasklou aan beheer (wat net ‘n meer sosiaal aanvaarbare woord vir angs is) en terselfdertyd vrede verwag nie. Paulus skryf in die bekende skrifgedeelte in Filippense wat mens nooit genoeg kan hoor nie ,”Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. EN: die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus. Die Message-vertaling skryf: 


Before you know it, a sense of God’s wholeness, everything coming together for good, will come and settle you down. It’s wonderful what happens when Christ displaces worry at the center of your life.


In oorlede Oom Johannes Willemse, wat al die jare vir Antoinette Pienaar van die lewe en die kruie geleer het, se woorde: “Sit jou glo voor jou bang.”


Op ‘n ander slag het hy vir haar gesê sy moet sommer loop soos ‘n kind wat agter broodkrummels aanloop. “As jy weer sien, is jy bitter ver. As jy dóér kyk, word jy moedeloos en moeg.”


Soos ‘n kind met net genoeg brood vir vandag, vir hierdie oomblik. Omdat hy die oomblik vertrou, sy pa vertrou. 


Father,

I abandon myself into your hands;

do with me what you will.

Whatever you may do, I thank you:

I am ready for all, I accept all.


Let only your will be done in me,

and in all your creatures –

I wish no more than this, O Lord.


Into your hands I commend my soul:

I offer it to you with all the love of my heart,

for I love you, Lord, and so need to give myself,

to surrender myself into your hands without reserve,

and with boundless confidence,

for you are my Father.


Charles de Foucauld


Ek het hierdie brief nou die dag op my rekenaar gekry. Een van die laaste goed wat ek geskryf het voor ek ‘n ma geword het – my grootste (lewenslange) leerskool in oorgawe. Die invloed wat Sheila Cussons se werk op my gehad het, kan nie misgekyk word nie.


Gebed van ‘n amper-ma


Wys my seblief wat in die pad staan. Wat tussen my en die groot losruk lê. Goed wat my vasbind sodat ek nie kan losruk nie, of my ongereed maak vir die groot losruk ín in my in, wat U al langs my ruggraat deur wil bewerk, maar ek net hardkoppig en koudbloedig en kliphartig stuit. Wys my wat my net nog vaster bind aan die beeld, en verder laat wegdryf van die realiteit. Van wie ek werklik is. “Die gesig wat jy gehad het voor jy ‘n gesig gehad het”.  


Daar waar my seuntjie nou nog is. Een met U. Ek het baie om te leer by hom. Wat is sy naam, Here? Sê maar, dat ons dit elke dag oor hom kan uitspreek. Sodat hy nog meer vlees kan gee aan U Woord. ‘n Kind naby die grond. ‘n Aardse kind. Een wat die hemel in die sand kan vind, die heelal in die poele, U God, in hom. ‘n Lagkind. ‘n Ruskind. ‘n Kwaadkind as onreg sy pad kruis. ‘n Liefkind teenoor die verontregtes. ‘n Huppelkind oor sommers. ‘n Heilskind. Wat weet waar hy vandaan kom en waarheen hy op pad is.  Wat nooit die huis van Sy Vader vergeet nie. Mag ons hierdie kind huisves, hom deur ons laat vloei, hom liefhê sonder voorwaardes of redes, saam met hom leer, saam met hom speel, saam met hom huil oor onklaar mense (soos ons), saam met hom lag oor die onvolmaakte oomblikke (wat ook volbring is), saam met hom sit by U voete in die tempels van ons eie lywe en weet dat ons ook anderkant ons figure kan wees in skynende, brandende eenheid met U, “transfigurerende kragveld, Jesus.” Deurgloei my kind se elke sel en molekuul. Want hy’s U kind.  


Maak met hom soos U wil. Hoekom vul daai woorde my altyd met so ‘n heilige vrees?  So asof ek U nie heeltemal vertrou met soveel vrye teuels nie? Asof U nie die heelal in die palm van U hand hou nie. Asof al die partikels en golwe nie reageer op U bevele nie. Asof U nie aan die begin van die begin daar was en steeds aan die einde van die einde gaan vloei deur watookal dan nog is nie. Nee, en duisend keer weer: laat U wil geskied.  En laat myne so geleidelik, of terstond, een wees met U s’n.


Here, ek weet U deel nie onspesiale dae uit nie. Ek weet vandag is die dag wat U gemaak het, vir ons om daarin bly te wees. Om die wonder van elke oomblik te ontsluit, die heilige vonke wat opgesluit lê in alles waaraan U raak, oop te wonder. In wording te bring. Sodat alles kan word, sodat ek kan word, oomblik vir oomblik. Die Woord moet word. Die Woord het vlees geword en onder ons kom woon. Jy het my geteken vir die avontuur van Jóú!!! Mag ek nie te blind wees om uit te mis nie, Heer. Nie te onvergenoegd om my te verbly in die meer-as-genoeg nie. Nie te dáár om híér te wees nie. Nie te “beeld” om “bold” te wees nie. Nie te leserig om lewendig te wees nie. Nie te koud om vlam te vat nie. Nooit te heilig om vuil te word nie. Nie te blind om oopogig deur vandag te gaan nie. Nie te trapsuutjies om op grond te stap, en hopelik nou en dan ‘n feetjie of ‘n engeltjie uit my veters te help nie. Nie te min mens om die Seun van die mens te ontmoet nie.


Jou kind

Frieda





Comments


bottom of page