top of page

As my kind nie groot word nie...



Ons kuier Sondag saam met ons Bergskoolkinders! Die droom het 9 jaar terug begin toe ons die eerste groep kinders op ‘n lewensoorgang na Bonnievale geneem het nadat ons hulle vir ‘n jaar voorberei het. Hierdie jaat het 31 mense kom help om 15 nuwe leerders te begelei.

Jode het hier net voor die herbou van die tweede tempel in Ou Testament reeds hierdie behoefte in kinders raak gesien en begin met die Bar- en Bat Mtizva, waar kinders deur hierdie moeilike oorgang begelei word. Ouers kan dit ongelukkig nie alleen doen nie. “It takes a village to raise a child…” is uit hierdie tradisie gebore. Dit is meer as om net goeie vriende te wees. Dit gaan oor die wysheid wat nodig is om die reis na adolossensie te begin en totsiens te sê vir dit wat ons agterlaat van kindwees wat ons nie meer kan dien nie. Anders word ons kinders nooit groot nie. Dan eindig ons met ‘n Trump-wêreld waar die magtigste person op die aarde die gevvaarlikste seuntjie is. Die hartseer is dat die wêreld ontneem word van die gawe wat ouer mense aan kinders en ons nageslagte moet gee. Ons luister Sondag na die kinders en gesels oor Johannes die Doper wat baie vroeg sy kinderskoene ontgroei het. Ons kyk ook na hoe Jesus se groot lewensoorgang na volwassenheid en die begin van sy bediening begelei word deur Johannes die Doper.

- Deur Theo Geyser

bottom of page