top of page

Advent: Verrassing

ree


“As U maar die hemel wou oopskeur en afdaal – die berge sal bewe van U teenwoordigheid. Soos vuur struikgewas laat opvlam, soos water deur vuur tot kookpunt kom, so sal die nasies bewe vanweë u teenwoordigheid …”


Jes. 64:1-2


Hierdie skreeugebed van Jesaja smeek God om in te gryp. Nie vir ‘n sagte aanraking nie. Hy vra vir ‘n radikale, sigbare, skuddende ingryping wat die berge laat bewe. Die volk is gebroke, verward en sit in ellende en wag op God om te kom en hulle werklikheid te kom verander. Hierdie heilige hunkering is ook die steeds kloppende hart van Advent. Dis ‘n tyd waarin ons die spanning beleef tussen die wêreld soos dit is en die wêreld soos God dit belowe het. ‘n Tyd waarin ek meer as ooit die spanning voel tussen my dade, keuses en apiebreinpatrone en die ware ek, onder al die lagies en gejaag (om te gaan rus) en die stowwerigheid van my bestaan.


Dan sien ons in retrospek, lees ons die Kersverhaal wat ons so goed ken, dat Kersfees – die koms van Christus – verwagtinge kom skud en in skerwe gelaat het. Dis nogal snaaks hoe God sonder uitsondering die houers van ons verwagtings kom oopbreek. Ons het ‘n idee hoe God “veronderstel” is om op te tree en dan breek God daardie aannames en vervul ons verwagtings op ‘n veel dieper wyse. Dis sekerlik wat gebeur het in Betlehem toe die aarde se kalender van voor af begin het.


Vir eeue het gelowiges, diep bewus van hulle magteloosheid om hulself te red en alles reg te maak wat verkeerd is in hierdie lewe, tot God gebid om aarde toe te kom as Redder, om die aarde te kom skoonvee en alles reg te maak. Hulle het nie ‘n helder visie gehad van hoe dit sou lyk nie, maar daar was ‘n versugting na geregtigheid en ‘n honger hoop. Uiteindelik het profete soos Jesaja begin om ‘n helderder visie te artikuleer van hierdie “nuwe tyd” wat sou aanbreek. Daar sou voorspoed wees vir die armes, genesing vir die siekes, vryheid van alle slawerny en geregtigheid vir almal. Die armes en swakkes sou die nuwe aarde erf en die langverwagte Messias sou eenvoudig alle boosheid oorwin en alles nuut maak.


En na al hierdie eeue se wag en smag – onthou dat Jesaja omtrent 700 jaar voor Christus se geboorte geleef het! – wat kry hulle?! ‘n Hulpelose, kaal babatjie wat nie eens homself kan voer nie. Hulle het ‘n supermens, ‘n superster verwag. Iemand wie se spiere, intellek, weerbaarheid en onoorwinlikheid alle magte op hierdie planeet sou verdwerg op so ‘n manier dat daar geen meer argument en geen weerstand meer teen sy teenwoordigheid sou kon wees nie.


Is dit nie hoe ons ook dikwels op God wag nie? Hoe ons fantaseer oor God se krag en hoe dit moet werk in hierdie wêreld nie? Ons verwag God op ons manier: sterk, sigbaar, onweerstaanbaar, bergverskuiwend. Maar die verrassing van Advent is dat God nie die berge kom skud nie, maar ons aannames.


Jesaja vra vir ‘n God van donder en rook, maar God verras die wêreld met ‘n baba in ‘n krip.

Jesaja roep: “Skeur die hemel oop!” En God doen dit wel, maar nie met ‘n vulkaniese teofanie nie. Hy skeur die hemel oop met ‘n engelekoor aan eenvoudige herders.

Hy daal neer – nie op ‘n bergtop onder trompetgeskal nie, maar in ‘n stil stal.


God het gekom, God is aan’t kom, God gaan kom … maar op maniere wat mens nooit sou verwag nie.


Hoekom flex die Almagtige Skepper van die heelal nie meer spiere nie? Hoekom word God gewoonlik meer geopenbaar in die lyfie van ‘n pasgeborene as in dié van ‘n superster? Hoekom? Ronald Rolheiser antwoord hierdie vraag so: “Because the power of God works to melt hearts rather than break them, and that’s what vulnerability and helplessness can do. That’s what infants can do. God’s power – or at least God’s power to draw us into intimacy with one another, doesn’t normally work through might, muscles and cool (invulnerability).” Intimiteit is afhanklik van weerloosheid. Ons kan mekaar verlei deur skoonheid, bewondering aantrek deur ons talente and mekaar intimideer deur krag en mag, maar geen van hierdie oënskynlik blink goed kan op die ou end vir lank die basis skep vir gedeelde gemeenskap nie … die onskuld, magteloosheid en weerloosheid van ‘n baba kan wel.


Weerloosheid wat altyd op ‘n stadium eers lyk soos ‘n gemors. Maar die enigste gom is vir ware gemeenskap,

genoeg,

geloof,

gewaarwording,

genade.


God se krag, soos ‘n baba wat slaap in ‘n wiegie, lê in ons wêreld soos ‘n stil uitnodiging, nie as bedreiging of dwang nie.

Jesaja vra vir ’n God wat die wêreld skud;

God stuur ’n Kind wat die wêreld sagkens – van binne af buitentoe – kom verander.

Jesaja vra vir oordeel oor die nasies;

God stuur ’n Messias wat die nasies liefhet.

Jesaja vra vir krag;

God kom in swakheid.

Jesaja vra vir ’n ingryping;

God gee inkarnasie.

Jesaja vra dat God naby sal kom.

En God kom só naby dat Hy vel en bene aantrek.


God se weë is hoër, maar dit is ook vreemder, sagter en meer skokkend genadig as wat ons ooit kan dink of droom. Advent herinner ons daaraan dat God se teenwoordigheid dikwels onherkenbaar naby is. Miskien bid jy tans soos Jesaja: “Breek deur in my gesondheid!”, “Skeur die hemel oop oor my familie!”, “Kom, Here, kom in my finansies!” En God beantwoord altyd ons gebede (want Hy kan nie beloftes breek nie, net aannames), maar nie in die pakkie wat ons verwag onder die boom nie. Ons bid vir ‘n aardbewing; Hy gee ‘n krip. Ons bid vir ‘n koning met krag; Hy kom as ‘n nederige dienskneg. Ons smeek vir ‘n oplossing; Hy gee verlossing … voetnota (lees: baie belangrik vir hierdie stofpad) – die oorspronklike betekenis van “verlossing” was om lewendig te maak … dit het te make gehad met hierdie lewe (“When death finds you, may it find you alive); nie om eers lewendig te raak na jy dood is, soos ons dikwels “redding” verstaan nie.


Is jy gereed vir die ontbloting van jou aannames?

Kan jy nog verras word of is jy meer van die opinie dat jy al alles gesien het en dat niks jou meer kan verbaas nie?

Is jy oop vir Christus se stil vleeswordingsoomblikke: ‘n woord van troos, ‘n deur wat onverwags oopgaan (of toegaan), ‘n ontmoeting met iemand, ‘n kind se stem, ‘n vrede wat die verstand te bowe gaan … onverwags te midde van ‘n storm, ‘n vergifnis wat groei waar daar net ‘n harde hart was, ‘n flou liggie in ‘n klein opening – daar waar Jesus in die alledaagse opdaag …

Wil jy sê, heeluit sê: “Kom, Here, kom – op watter manier U ook al wil”?

Want die God van Jesaja is dieselfde God van Betlehem.


Kom ons laat onsself toe om in hierdie dae voor Kersfees verras te word. Kom ons kweek verwondering, kom ons leef stadig genoeg om glimpse van genade te kan raaksien. Kom ons hou ons aannames lig en ons oë wawyd oop om te kan sien hoe God werk waar ons dit die minste verwag – in die mens wat ek miskyk, in die situasie wat ek afgeskryf het, in die gebed wat ek lankal ophou bid het. Kom ons bly wakker (moenie jouself mislei nie: ingelig is nie dieselfde as wakker nie). Nie angstig nie – wakker. Nie bevrees nie – aandagtig. Nie sinies nie – hoopvol. In ‘n wêreld wat dink dit het al alles gesien omdat ons enigiets kan google, die weer voorspel, die nuus regstreeks volg en beelde uit die ruimte kyk, fluister Advent: “Jy het nog niks gesien nie. Daar’s soveel wat nog wag. In die doodgewone. In die kwesbare. In die stal van jou siel.”


As jy iets moois wil lees van die digter Andrea Gibson wat hierdie jaar lewendig aangetref is deur die dood, hier’s dit. Die lyf se gretigheid om verras te word, onbepland, onberekend, onverklaarbaar. Die Woord het vlees geword. En onder ons kom woon.



Acceptance Speech After Setting the World Record in Goosebumps


I wasn't by any means a natural.

Was not one of those wow-hounds

born jaw-dropped. I was tough in the husk.

Went years untouched by rain. Took shelter


seriously, even and often especially

in good weather, my tears like teenagers


hiding under the hoods of my eyes,

so committed they were to never falling


for the joke of astonishment.

When I was told there were seven

wonders of the world, I trusted the math,

believed I had seen none of them.



Of course beauty hunted me.

It hunts everyone. But I outran it, hid

in worry, regret, the promise of an afterlife

or a week's end.


Then one day, in a red velvet theater

in New Orleans, I watched Maya Angelou

walk on stage. Seventeen slow steps to the mic.

She took a breath before speaking,


and I could hear God being born in that breath.

My every pore reached out like a hand

pointing to the first unsinkable lotus in the bayou

of the universe. I'd never felt anything like it.


Searched the encyclopedia for the feeling's name

when I got home: “Goosebumps."

Afterward, I thought - I can do this.

Started training morning to night,


Crowbar swinging like a pendulum at the wall

of my chest. Tore the caution tape off

my life and let everything touch it:


Allen Iverson on the television in his first season

with the Sixers, crossover sharp as a V of sparrows

flying through the paint like Michelangelo's brush:

        333 goosebumps.


My baby sister, sober for the first time

in thirteen years, calling to tell me she just noticed

our mother's eyes are green:

        505 goosebumps.


One day, my friend scored tickets

to a Prince concert. Tiny venue. I was right

behind the sound booth. Prince's entire band

That evening – women. At the end of the show,

the sound person turned around and whispered,

He didn't play one song on his setlist the whole night.

I live on stages. I know what it is to scratch a plan

but not the whole trip and still arrive to your destination

two hundred years before your time:

        421 (artist formerly known as) goosebumps.


But that's just the fancy stuff.

Some of them came from simple facts-

it rains diamonds on Jupiter

        189 goosebumps.


Blood donors in Sweden receive

A thank-you message when their blood is used:

        301 Nordic goosebumps.


One night in Ann Arbor, my friend,

still undiagnosed, could not uncurl her fingers

to strum her guitar, so she sang the chords instead.

It was the first time in my life I'd seen pain

become an instrument:

        10 dozen goosebumps


for each and every note plucked

from the string section of her refusal to silence

her dream. After that, nothing in the world was gray.

Even the movie of my past was released in color.

The oldest man in my hometown could not

get to the door to listen to our carols.

So we went inside and sang at his bedside instead.

Twenty-four boots on the front step

catching snowflakes with their tongues:

        776 goosebumps.


At one point everything started doing it:

A sincere apology: 221 goosebumps.

An enemy's love poem: 222 goosebumps.


The moon rising over the continental divide.

My girlfriend and I thought it was a car

driving off a cliff, and suddenly nothing

in the world was dying. You ever felt that?

A split second when nothing in the world is dying?

        888 goosebumps,


and the next day I sharpened a tiny ax

so I could split the seconds myself.


Too much lives in a moment

to not feed it to the fire in the heart, slow.

A Missoula treehouse filled with candlelight:

        143 goosebumps.


The octopus documentary:

        54 goosebumps, multiplied by 8.


The biggest dog in the shelter

hiding behind a teacup chihuahua,

and the woman who came to adopt a cat

taking all three of them home:

        1,012 goosebumps.


There is no escaping the magic now.

Beauty caught me and never let me go.

And the thing about the world record 

is – if someone breaks it after me,

and they will break it after me,

I will love that so much

that without even trying,


        I'll break it again.


Andrea Gibson – You better be lightning 



- Frieda van den Heever



bottom of page