top of page

Werk: Wat doen ek met my 8-4 lewe?



Die mens bou, die mens werk. Dit is een van die kenmerke wat ons onderskei van die res van die diereryk, ons maak goed en bou dinge. Waarookal die mens land sal ons die aarde begin bewerk, myn, en bou. Ons herorganiseer die natuur en maak iets nuuts.

Werk is deel van die mens se lewe van die heel begin af. Ons lees al in die skeppings verhaal van hoe God die mens aangestel het om die aarde te bewerk. As werk nooit veronderstel was om dan ‘n straf te wees nie, hoekom is so baie van ons sielsongelukkig in ons werke? Slegs een uit vyf mense, volgens Gallup International, is gelukkig en aktief betrokke by hulle werk. Drie uit die vyf stel nie regtig belang in wat Maandag tot Vrydag gebeur nie en hou maar net die pas vol, en die laaste een is aktief passief by die werk.

Hoe kan ons werk, wat so ‘n groot deel van ons lewe en ons identiteit uitmaak, begin verstaan as deel van ons spiritualiteit? Is dit eers deel van spiritualiteit of is dit iets wat slegs daar is om ons besig te hou en kos op die tafel te sit tussen Sondae, kerkkampe, uitreike en stilte tye, dit wil sê, die ware ‘spiritual’ dinge? Is ons werk eerder deel van ons roeping en ‘n integrale deel van ons spiritualiteit? Hoe kan ons weet wat om te doen met ons lewens, en hoe kan ons gelukkig wees in ons loopbane?

Kom kuier Sondag aand saam by Invia Kaapstad om 17:00, NUWE DIENSTYD, waar ek meer sal deel oor werk, roeping, en hoe om te begin uitvind wat God wil hê ek en jy met ons werkslewens moet doen.

(Vir al die ouers in Kaapstad, ons het ook kinderaktiwiteite tydens die diens, en daar is ook ‘n moederskamer beskikbaar.)

bottom of page