top of page

Maak Die Beker Leeg



‘n Dissipel in gevegkuns het eendag saam met sy meester aan ‘n tafel gesit om ‘n koppie tee te drink. Hy het vir die meester gesê: “Ek het alles geleer wat ek kon van U af oor hoe om myself te beskerm en hoe om te veg. Ek wil nog net een ding leer, asseblief leer my die weg na God.” Die meester het die ketel versigtig opgetel en sy dissipel se beker begin vul met tee. Gou-gou was die beker vol en die tee het begin oorloop. Die meester het eenvoudig net aangehou met gooi totdat die tee later op die vloer geloop het.

Die dissipel het uiteindelik uitgeroep en gesê: “Stop, Stop! Die tee loop al die hele vloer vol! Die beker kan nie meer inneem nie.” Die meester het sy dissipel in die oë gekyk en gesê: “Jy is so vol van jouself dat daar nie plek in jou lewe is vir God nie. Dit is nie moontlik om vol te word, voordat jy nie eers leeg gemaak is nie.”

Leegmaking is die begin en ook die pad van die spirituele reis.

Kom kuier Sondag saam by Invia waar Theo die oggend 10:00 in Stellenbosch by die Protea Hotel gaan praat oor “Maak die Beker Leeg”, en Pierre die aand 18:30 by NG Rondebosch se kerkkompleks.

Ons bid hierdie maand as gemeenskap saam met ‘n beker as metafoor van ons wese, onsself, ons liggaam, siel, kop en gees. Luister gerus die begeleide gebed hier en bid dit gereeld hierdie maand saam.

bottom of page