top of page

Jesus Se Mees Irriterende Stories: Oneerlike Bestuurder



Wat is God se hart, waar die wortels van die koningkryk diep ingegroei lê? God se plan is nog altyd dieselfde. God se plan is vir Sy mense om Hom te ken, om Hom lief te hê, en Hom te volg. Die plan is vir ons om terug te keer na ons wortels, om weer saam met Hom in die tuin te stap. In perfekte harmonie met Hom, mekaar, en die natuur.

God se koningkryk se waardes is anders, en lyk vir ons onderstebo. Ietwat soos die Baobad wat so onderstebo lyk met sy wortel takke wat strek na die hemel. God sluit die in wat ons uitsluit. God stel belang in wie jy is, in jou karakter, nie in wat jy dink jy reggekry het nie. God is nie magsbehep nie, God is die mens Jesus wat onder ons kom woon het, en ons kom dien het. In God se se nuwe wêreld tel oorgee meer as beheer, tel vertroue meer as sekuriteit, en tel liefde meer as aanvaarding.

Jesus kondig ‘n feesjaar aan, ‘n jaar van rus met slawe wat vry gaan, grond wat terugbesorg word, en skuld wat afgeskryf word. Hierdie nuwe koningkryk se ekonomie lyk baie anders as die een wat ons ken in ons Westerse wêreld, selfs al is Jesus die sentrale figuur. Jesus is anders, radikaal, terug na die wortel. Die onderstebo genadejaar koningkryk verskyn gereeld in Jesus se handeling, in sy stories, en in sy wysheid.

Hoe lyk ‘n feesjaar ekonomiese stelsels, watter dinge sal moet verander in ons wêreld as ons durf begin leef wat Jesus leer? Op ‘n praktiese vlak, hoe dink ons oor rus, slawe, oor eiendom, oor skuld? Dit is maklik om hierdie te vergeestelik, maar ons het baie egte uitdagings in elke een van hierdie vier genadejaar voorwaardes wat aan ons samelewing se deure hammer. Ons is uitgeput en uitgebrand, ons boei mense letterlik en figuurlik, grondhervorming is ‘n tammeltjie in ons eie land en in baie wêreld dele. Skuld verwoes ons ekonomieë. Ek het antwoorde nie, ek dink wel hierdie is iets om ernstig oor te dink. Hoe loop ons agter Jesus aan, as Hy ons nooi na ‘n hersteljaar?

Dit is moeilik om te verteer, ons is so gewoond aan die wêreld soos dit is, dat Jesus se wêreld vir ons verkeerd lyk, onmoontlik, en onderstebo. Terwyl ons die is wat onderstebo, agterstevoor leef.

Kom loer in Sondag oggend 10:00 by die Protea hotel in Stellenbosch waar Theo gaan gesels oor die storie van die oneerlike bestuurder, en die aan in Woodstock by The Old Biscuit Mill om 18:30, vir ons diens in Engels waar Pierre meer sal deel oor 'the Unjust Steward'.

bottom of page