top of page

Wysheid: Psalm 1, Wysheid In Water



Ek dink meeste van ons besef die waarde van wysheid, die waarde om die kuns te bemeester van hoe om te leef. Die vraag is dan natuurlik, waar kry ons hierdie wysheid, hierdie waarheid wat lewe gee en lewe bring?

Ons wil graag wysheid en waarheid bottel of dit giet in graniet, as iets wat ons maklik kan bekom of na kan verwys.

Ons wil weet wat die regte ding en die verkeerde ding is om te doen. Tog het ons ook al beleef hoe dinge nie altyd so maklik en eenvoudig is nie, die ‘regte’ ding en selfs die ooglopende ‘goeie’ of positiewe keuse eindig gereeld in hartseer en pyn.

Ek wonder of ‘n deel van hierdie uitdaging nie te make het met hoe ons waarheid, en wysheid, benader nie? Wanneer ons wysheid benader as staties, en waarheid benader as ‘n lys stellings, sit ons vinnig met ‘n probleem.

Die lewe is eenvoudig nie so eenvoudig nie.

Ons pogings om spiritualiteit en wysheid, en selfs God, te distilleer slaag glad nie. Elke keer wanneer ons dit probeer, sit ons net op die ou end met dooie stellings en lewelose praktyke.

Die vraag is eintlik, as God ‘n rivier is, en jy neem ‘n emmer en skep water uit die rivier, het jy dan God in die emmer?

Kom kuier gerus saam Sondagoggend 10:00 by die Protea Hotel in Stellenbosch, en 18:30 by die Old Biscuit Mill in Woodstock.

bottom of page