top of page

Palm Sondag



Palm Sunday

Hierdie Sondag vier ons Palm Sondag. Tradisioneel is hierdie die dag waarop die kerk wêreldwyd Jesus se intog in Jerusalem herdenk.

In die antieke tye was mense baie meer bekend met optogte en intogte as wat ons vandag is, van die Babiloniërs tot die Romeine het gereeld optogte gehou na ‘n oorwinning. Die Jode was ook bekend met optogte, soos dié by hulle groot feeste. Die hoofdoel van ‘n optog in die antieke tyd - en seker vandag ook nog - was om mag te vertoon en eer te gee aan die oorwinnaars.

Wanneer ons na Jesus se intog kyk is daar baie ooreenkomste met die optogte en intogte van die dag en dan is daar ook merkwaardige verskille. Dit is in hierdie verskille wat ons die evangelie raakloop, die goeie nuus van ‘n oorwinnaar wat nie lyk soos ander oorwinnaars en konings nie.

Jesus se optog, en so ook sy koningskap, is een groot paradoks. Ons hoor die Hosannas op die Sondag en Kruisig hom! op die Vrydag.

Palm Sondag nooi ons in hierdie paradoks in - die koning aan ‘n kruis wat in swakheid oorwin.

Kom herdenk Palm Sondag saam met ons hierdie Sondag by die Protea Hotel in Stellenbosch om 10:00 en 18:30 by die Old Biscuit Mill in Woodstock.

bottom of page