top of page

"Advent(ure)": Herders



In die veld naby waar Jesus gebore was, was daar skaapwagters. Ons almal ken die storie, ons het die seker al ‘n honderd keer gehoor en meer as ‘n duisend keer gesien op ‘n kitsch kerskaartjie. Ek was selfs ‘n herder in ons kleuterskool konsert op Marble Hall. Ek het so ligte blou en pienk (ja, pienk) herderspakkie aangehad van een of ander vlambare blink lap. My wange was super rooi, koorsagtig rooi, en my lippe nog meer. Juffrou het sekerlik gesê mamma moet bietjie kleur opsit anders lyk die kinders te bleek onder die ligte in die laerskool se saal.

Baie trots.

Herders was nou nie regtig so romanties as wat ons onsself altyd verbeel nie, het nie veel gelyk na die op die kerskaartjies nie en nog minder soos die gespierde Dawid met sy goue lier in die kinderbybel. Herders was eintlik maar uitvaagsels en amper, amper so sleg soos heidene in die antieke tyd, net so een trappie hoër dalk. So veel so dat ‘n herder nie eers mag getuig het in die hof nie.

‘Jy weet hulle lieg mos altyd’

Kom kuier saam Sondag oggend 10:00 in Stellenbosch by die Protea Hotel, en die aand 18:30 in Woodstock (die preek sal dan in Engels wees, so nooi asb jou Engels sprekende vriende!)

 

Wil jy weekliks ons nuusbrief ontvang? Teken hier in

 
bottom of page