Simbole Vir Die Lewe: Beker



Ek en jy loop met ‘n beker, die beker is vol van ons lewe, ons vreugde, ons hoop, ons pyn, ons hartseer.

Liefde en leed loop soos twee spore in ‘n pad, ons lewe is altyd vol met beide.

Die vraag is, die vraag wat Jesus moes antwoord vir homself, die vraag wat ek en jy moet antwoord, is kan ons hierdie beker vashou, in afhanklikheid, voor God?

En dan is ons bereid, om soos Jesus, hierdie beker van ons lewe te drink? Om te lewe met oorgawe, om eerlik en opreg te leef, om voor God te leef sonder ‘n masker, sonder voorgee? Met ander woorde gesê, kan ek en jy hierdie beker van ons lewe drink, drink tot by die afsaksels?

En dan, kan ons staat maak op, en kan ons God se opstandings krag ontvang in ons leeg gedrinkte bekers?


  • White Facebook Icon
  • White Twitter Icon
  • White Instagram Icon

Stellenbosch:

 

Theo Geyser | Spanleier: InVia Gemeente

 

Wilma Enslin-Geyser | Kids@Invia | Enneagram | Finansies | Kinderhuise

Francois van der Merwe
| Musiek en Kreatiwiteit | Viridis | Tegnologie

Frieda van den Heever | Liturgie | Prediking

Anelle Erasmus | Sekretaresse

Kantoor: inviagemeente@gmail.com021 882 8339

Kaapstad:

Pierre du Plessis | Kampusleraar: Kaapstad

Frieda van den Heever | Liturgie | Prediking

Kantoor: inviakaapstad@gmail.com

Alle regte voorbehou © InVia Gemeente 2020 |  ONDERSTEUN INVIA