top of page

Hemelvaart



"Daarna sê Hy vir hulle: "Dit is die betekenis van die woorde wat Ek vir julle gesê het toe Ek nog by julle was, naamlik dat alles vervul moet word wat in die wet van Moses en in die profete en psalms oor My geskrywe is." Toe open Hy hulle verstand om die Skrif te verstaan. Verder sê Hy vir hulle: "So staan daar geskrywe: 'Die Christus moet ly en op die derde dag uit die dood opstaan, en in sy Naam moet bekering en vergewing van sondes aan al die nasies verkondig word, van Jerusalem af en verder.' Julle is getuies van hierdie dinge. En Ek sal die gawe wat my Vader beloof het, vir julle stuur. Maar julle moet in die stad bly totdat julle met krag van bo toegerus is." Daarna het Hy hulle uit die stad uitgelei tot by Betanië. Daar het Hy sy hande opgehef en hulle geseën. Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan en is Hy in die hemel opgeneem. Hulle het Hom aanbid en met groot blydskap na Jerusalem toe teruggegaan. Daar het hulle die hele tyd by die tempel gebly en God geprys."

Luk 24:44-53

Waarom Hemelvaart?

Dit leer ons die belangrikheid van afwesigheid en teenwoordigheid.

Ons lewe werk soos ‘n glas vol water. Indien ek glo dat ek nuwe of lewende water nodig het, moet die huidige glas eers leeggemaak word. Richard Rohr gebruik hierdie beeld vir Hemelvaart: “Absence Creates a God Sized Hole Within Us”.

As jy by iemand kuier moet jy ook later weer gaan! Die hele lewe werk so: Jou praat is afhanklik van jou stiltes, en wat jy gee is afhanklik van wat jy ontvang, jou doen is afhanklik van jou rus. Dink maar aan jou kinders wanneer hulle die huis verlaat. Die groet is seer, maar jy gee ook daardeur jou kind die gawe om te word wie hulle werklik is. Die afwesigheid van iets bring altyd teenwoordigheid van iets anders.

Jesus sê hierdie vreemde woorde: “Dit is beter dat Ek gaan…” (Joh 16:7). Ek dink nie een van die dissipels kon dit glo nie. Hoe is dit moontlik?

Omdat sy afwesigheid ‘n nuwe teenwoordigheid belowe.

‘n Nuwe teenwoordigheid beteken bloot dat die hemel en die aarde verening word. Jesus se aardse bestaan word nou opgeneem in die hemelse. Net so word die mens se aardse bestaan ook goddelik.

Dit is ook die uitnodiging aan ons lewe.

Op die aarde, soos wat dit in die hemel is...


bottom of page