top of page

Nuwe Realiteite: Tegnologie



"Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie…"

Prediker 1:9 (AOV)

In die vroeë 90’s kom my pa eendag huistoe met ’n misterieuse swart boks. Ek is so 8 of 9 jaar oud. Ons is ’n gemiddelde, voorstedelike Afrikaanse gesin. My opgewondeheid is groot toe ek raai dat dit ’n antwoordmasjien is. Vir my is dit baie indrukwekkend dat “iets” jou landlyn namens jou kan antwoord as jy nie by die huis is nie.

Gesinne met antwoordmasjiene neem elkeen hulle eie groetboodskap op, met die hele gesin betrokke :

Van der Merwe-gesin saam: “Hello dankie dat jy ons:

van der Merwe Pa: “Jan”

van der Merwe Ma: “Susan”

van der Merwe Seun: “Juan”

van der Merwe Dogter: “Elsabe”

Van der Merwe-gesin saam: “...gebel het. Ons is nie by die huis nie. Laat 'n boodskap!”

Toe my pa vir my sê dat dit nie ’n antwoord masjien is nie, maar ’n MNET dekodeerder is ek dus diep teleurgesteld. Dit verander egter kort nadat dit geinstalleer is, en ek die wêreld van 24uur sport, movies en KTV ontdek!

Wat is jou vroegste herinnering van tegnologie wat jou beindruk het?

Ons leef in ’n tyd waar tegnologiese verandering op ’n verbysterende pas geskied. Tegnologie maak die lewe gemakliker en kompliseer dit. Een manier om met tegnologie om te gaan is om ons daarvan te isoleer en in opstand daarteen te kom. ’n Ander benadering is om ons totaal daaraan oor te gee sonder om daaroor te dink.

Eugene Peterson se parafrase van Romeine 12 bied ’n waarskuwing en ’n uitnodiging:

So here’s what I want you to do, God helping you:

"Take your everyday, ordinary life—your sleeping, eating, going-to-work, and walking-around life—and place it before God as an offering. Embracing what God does for you is the best thing you can do for him. Don’t become so well-adjusted to your culture that you fit into it without even thinking. Instead, fix your attention on God. You’ll be changed from the inside out. Readily recognize what he wants from you, and quickly respond to it. Unlike the culture around you, always dragging you down to its level of immaturity, God brings the best out of you, develops well-formed maturity in you."

Rom 12:1-2 (MSG)

Dikwels wanneer ons tegnologie beoordeel fokus ons op die inhoud daarvan, met die vraag “is dit reg of verkeerd?”

Marshall McLuhan se frase “the medium is the message” nooi ons om wyer te kyk, en die medium self raak te sien. Dit word dan 'n spieël wat vir ons iets van onsself reflekteer.

Die naweek by InVia verken ons die omvang van tegnologie en die invloed daarvan op ons wêreld, lewens en spiritualiteit - en hoe ons daarin God se uitnodigings aan ons kan herken.


bottom of page