top of page

Nuwe Realiteite: Mure



"Peace Walls" in Noord Ierland

Tydens die konflik in Ierland tussen die Protestante en die Katolieke in 1980’s het daar een maal ‘n groep mans ‘n man wat alleen in die straat afgeloop het gekonfronteer met die vraag, ‘Is jy Protestant of Katoliek?’. Die man antwoord toe dadelik, ‘Ek is Moslem’. ‘Ja,’ sê die groep mans, en vra vinnig, ‘maar is jy ‘n Protestanse Moslem of ‘n Katolieke Moslem?’

Die wêreld se geskiedenis is oortrek met mure, die vredesmure soos in die foto hierbo in Noord Ierland, Hadrian’s Wall in ou Engeland , en natuurlik die bekende Berlynse muur. Vandag is daar steeds mure in die midde ooste wat Israeliese en Palestynse gebiede skei, en dan natuurlik die sprake van die nuwe muur wat moontlik gebou gaan word tussen die VSA en Mexiko.

Hoe maller die wêreld hoe nouer trek ons, ons kringetjie. Ons is bang, en dit is dan ons eerste reaksie, om mure te bou. Ons trek laer wanneer die wêreld om ons wreed en onvoorspelbaar is, ons trek laer as mense groepe en trek laer ook rondom ons eie harte wanneer ons seer kry.

Ons sluit ons grense, deure, en binneste mooi veilig toe.

Waar is Jesus wanneer die wêreld ons so sonder rede links en regs klap?

Hoe leef ons, en hoe is ons onsself in so ‘n wêreld vol mure? Hoe lyk God se nuwe wêreld dan? Hou ons, ons heilige partytjies agter groot kerk deure, is dit wat dit beteken om Heilig te wees?


bottom of page