top of page

Kruiswoorde: Vandag Sal Jy Saam Met My In Die Paradys Wees.



32 Daar is ook twee ander, albei misdadigers, weggelei om saam met Jesus tereggestel te word. 33 Toe hulle by die plek kom wat Kopbeen genoem word, het hulle Hom daar saam met die misdadigers gekruisig, die een aan sy regter- en die ander een aan sy linkerkant. 34 Toe sê Jesus: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie!” Hulle het sy klere verdeel deur te loot.

35 Die volk het daar gestaan en kyk. Hulle raadslede het Hom ook uitgelag en gesê: “Ander het hy gered. Laat hy homself red as hy die Christus is wat deur God uitverkies is.”36 Ook die soldate het vorentoe gekom en Hom bespot. Hulle het vir Hom suur wyn aangebied 37 en gesê: “As jy die koning van die Jode is, red jouself.”38 Daar was ook 'n opskrif bokant Hom: “Dit is die koning van die Jode.”

39 Een van die misdadigers wat daar gehang het, het Hom gelaster deur te sê: “Is jy dan nie die Christus nie? Red jouself en ons ook!”40 Maar die ander een het hom tereggewys en gesê: “Is jy nie bang vir God nie? Jy ondergaan tog dieselfde straf as hierdie man! 41 In ons geval is dit regverdig, want ons ontvang die verdiende straf vir ons dade. Maar hierdie man het niks verkeerds gedoen nie.” 42 Verder sê hy: “Jesus, dink aan my wanneer U in u koninkryk kom.”

43 Jesus antwoord hom: “Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees.”

Lukas 23:32-43 (AFR 83).

Johan gaan rondom die drie gedagtes met ons gesels:

1. Die maklikste om te sê (:39)

…laat ons eet en drink want more sterf ons (1 Kor 15:32).

2. Die moeilikste om te sê (:41)

Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here (Rom 6:23).

3. Die grootste om te sê (:43)

En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld (Matt 28:20)

*Daar is geen diens Sondagaand in Kaapstad nie. Slegs die oggend in Stellenbosch.


bottom of page