top of page

InVia Gesprekke: 'n Liturgiese Reis met Leonard Cohen en Thomas Merton: Die Donker Nag Van Die S



Op 12 Maart het InVia as deel van die InVia Gesprekke by die US Woordfees 'n liturgiese reis van Leonard Cohen en Thomas Merton aangebied het. Weens die feit dat ons nie die regte besit vir Cohen se musiek nie, kan ons ongelukkig nie die opname van die belewenis self beskikbaar stel nie.

Hier volg die liturgiese inhoud, asook Youtube links om die reis ten volle te kan beleef.

 

String Reprise / Treaty - Leonard Cohen


Mense wat Leonard Cohen en Thomas Merton ken, sal vinning besef dat daar duidelike ooreenkomste tussen die twee is. Merton, ‘n monnik wat verkies om binne ‘n klooster te leef en Cohen, ‘n kunstenaar wat kies om die wêreld sy klooster te maak. Cohen, ‘n Jood wat van die mooiste perspektiewe op Christus bring, en Merton ‘n Katoliek wat op ‘n dag sê: "Ek voel soos ‘n ware Jood onder hierdie Katolieke vel van my."


Hulle is sielsgenote: Beide is gebore in Franssprekende-kulture, en beide behou ‘n sterk Europese aanvoeling in hul onderskeie kunsvorme. Beide het die digter Frederica Garcia Lorca aangehang. Beide is self digters en visuele kunstenaars. Beide het hul vaders op ’n baie vroeë ouderdom verloor, en Merton sy ma nog vroeër. Beide is bekend as die trickster/coyote-figuur: Merton word op ’n keer die “Zen Clown” genoem; Cohen die “courtly coyote”. Beide studeer aan die Universiteit van Columbia. Beide stel belang in Zen, ’n program van geestelike dissipline eerder as ’n godsdiens, en dien as brug tussen Oosterse en Westerse denke. Beide spandeer tyd in kloosters en word op verskillende stadiums “celebrity-monks” genoem. Nie een van hulle klou egter vas aan hul stilte en wegwees van die wêreld nie, maar roep uit teen ongeregtigheid.

Albei word gesien as truthtellers of profete wie se skryfwerk die status quo met die owerhede uitdaag. Beide bly geanker in hulle eie godsdienstige tradisies, maar stel belang in baie meer. Albei word beskou as transkulturele, transgodsdienstige, geestelike begeleiers wat poësie oopgebreek het vir wyer gehore en ’n kloosterlewe gelig het uit sy streng institusionele basis. Beide openbaar ’n sterk toewyding aan stilte sowel as ’n diepgewortelde hunkering om te kommunikeer. Albei se lewens sekerlik ietwat van ’n paradoks. Beide mense van spiritualiteit, emosie en intelligensie wie se werk die groot issues van die mens verken - seks, godsdiens, mag, betekenis, en: liefde…

Van albei kon jy sê: “Handsome, strapping, saintly, serious, sexy and a little bit dangerous” Hulle het beide halsoorkop verlief geraak. Merton sê op ’n stadium: “Love is the intensification of life.” En Cohen, as hy praat van die liefde: “Love is a fire/It burns everyone/It disfigures everyone/It is the world's excuse for being ugly.” Hy sou jou ook herinner: “Never discuss my mistress or my tailors.”


Pico Iyer, bekende reisskrywer, vertel die volgende storie oor sy besoek aan die klooster waar Thomas Merton vir meer as 25 jaar gebly het. Met sy aankoms by Merton se hut, is die gebruik dat die toergids poësie voorlees en eindig met iets uit Merton se joernaal “to bring his spirit into our company…” Hy maak toe die boek oop by geen spesifieke bladsy en begin lees:

“We ate herring and ham (not very much eating!) and drank our wine and read poems and talked of ourselves and mostly made love and love and love for five hours. Though we had over and over reassured ourselves and agreed our love would have to continue always chaste and this sacrifice was essential, yet in the end we were getting rather sexy. Yet really, instead of being all wrong, it seemed eminently right. We now love with our whole bodies anyway, and I have the complete feel of her being as completely me.”

Dit was ’n paragraaf uit Volume 5 van sy joernale. Op 51, het Merton hospitaal toe gegaan vir ’n rugoperasie, en na byna ’n kwarteeu uit die wêreld, baie vinnig halsoorkop verlief geraak op die twintigjarige studenteverpleegster wat hom help versorg het. Die toergidsmonnik het hierdie deel uit die joernaal gelees tot die einde en nie gespring na ’n meer gepaste een nie. Asof alles tuisgehoort het in Merton se lewe en om te illustreer dat mens nie ontslae raak van jou skaduwees deur gewoon jou rug op hulle te draai nie.

In sy boek, “Sign of Jonas” skryf hy: “…like Jonah, I find myself travelling toward my destiny in the belly of a paradox.”

Cohen, ook nooit vry van paradoks nie, maar juis gemerk daarmee, se merkwaardige opmerking oor die liefde: “It is in love that we are made. In love we disappear.”

Iemand het eenmaal opgemerk dat Cohen klink soos ’n collaboration tussen Thomas Merton en Jacques Brel.

Dans My (Dance Me) - Koos van der Merwe


Soos Cohen, wys Merton ook op die belangrikheid van die integrasie van eros, verstaan as insluitend maar nie beperk tot seksualiteit nie, as deel van ons spiritualiteit, gemeenskaplik sowel as individueel. Dit is heel waarskynlik dat as Merton langer geleef het, hy ’n groot bydrae sou kon lewer in die genesing van die wond wat teologiese dualisme die Christendom toegedien het deur liggaam en siel, eros en agapé, te skei.

Sy groot gedig, “Hagia Sophia” is ’n beginpunt in hierdie verband:

"At five-thirty in the morning I am dreaming in a very quiet room when a soft voice awakens me from my dream.


I am like all mankind awakening from all the dreams that ever were dreamed in all the nights of the world. It is like the One Christ awakening in all the separate selves that ever were separate and isolated and alone in all the lands of the earth. It is like all minds coming back together into awareness from all distractions, cross-purposes and confusions, into unity of love. It is like the first morning of the world (when Adam, at the sweet voice of Wisdom awoke from nonentity and knew her), and like the Last Morning of the world when all the fragments of Adam will return from death at the voice of Hagia Sophia, and will know where they stand.

Such is the awakening of one man, one morning, at the voice of a nurse in the hospital. Awakening out of darkness, out of helplessness, out of sleep, newly confronting reality and finding it to be gentleness.

It is like being awakened by Eve. It is like coming forth from primordial nothingness and standing in clarity, in Paradise.

In the cool hand of the nurse there is the touch of all life, the touch of Spirit…

O blessed, silent one, who speaks everywhere!

We do not hear the soft voice, the gentle voice, the feminine.

We do not hear mercy, or yielding love, or nonresistance. In her there are no reasons and no answers. Yet she is the candor of God’s light, the expression of His simplicity."

Thomas Merton

In Cohen se werk word die mens geïllustreer as ’n vlegsel van liggaam en gees. Wat aanvanklik as ’n pyniging ervaar kan word, kan ons later die diep skoonheid en misterie van hierdie “twist” laat besef, soos in hierdie frase van Bird on the Wire: “It was the shape of our love that twisted me”

Alhoewel Cohen regte vroue aanspreek in heelparty liedere, sal ’n dieper verstaan ook dui op die innerlike Muse, die Goddelike Vrou (The Divine Feminine) in haar vele gedaantes:

“Like a worm on a hook Like a knight in some old-fashioned book I have saved all my ribbons for thee”

Die lied Sisters of Mercy het hierdie klassieke frase:

“I’ve been where you’re hanging I think I can see where you’re pinned When you’re not feeling holy, Your loneliness tells you you’ve sinned”

Cohen se persoonlike ervaring van hierdie eksistensiële kondisie word dikwels uitgedruk in sy herhalende temas van eensaamheid en verlange en in die metafoor van “slaaf” en die uitdrukking “gebore in kettings.”

Show Me The Place - Leonard Cohen


Saam met liefde is pyn die ander groot transformerende krag. Dit is nie een van ons leermeesters onder bespreking gespaar nie. En dikwels het groot liefde ook gelei tot groot pyn in hul albei se lewens. Beide kon egter ook telkemale hulle donker nag transendeer.

"I followed the course From chaos to art Desire the horse Depression the cart"

Leonard Cohen

Anthem - Leonard Cohen


Dit was ’n groot skok toe Cohen aan die einde van sy lewe beroof is deur sy bestuurder. En wat volg, een van die mees onwaarskynlike oorwinningsrondtes in die geskiedenis van musiek. Hy begin na jare weer toer en dit neem sy loopbaan na nuwe, byna ongekende hoogtes. Pico Iyer skryf oor hierdie vertonings vol vreugde en intensiteit van Cohen wat gehore wêreldwyd aangegryp het: “Is this cabaret or prayer-hall?”

En in Cohen se eie woorde: “I greet you from the other side of sorrow and despair/ With a love so vast and shattered it will reach you everywhere.” Merton skryf:


“One of the strange laws of the contemplative life is that you do not sit down and solve problems: you bear with them until they somehow solve themselves. Or until life solves them for you.”

By ’n ander geleentheid:

“True contemplation is the work of a love that transcends all satisfaction and all experience to rest in night of pure and naked faith. This faith brings us so close to God that it may be said to touch and grasp Him as He is, though in darkness."

You Want It Darker - Leonard Cohen


"Coming to the end of the book but not quite yet maybe when we reach the bottom"

Leonard Cohen

Merton se lewe bereik reeds in sy vroeë twintigs breekpunt. Hoe hy sin probeer maak daarvan is uiteindelik binne die konteks van die Katolieke kerk. Hy word sterk in stilte genooi ná sy aansluiting by die Abbey of Gethsemani. Pico Iyer skryf oor Merton en sê:


“I’d long been moved by the way Thomas Merton, gregarious traveler, heavy drinker, and wounded lover, had stepped into a Trappist monastery in Kentucky and became Father Louis, taking his restlessness in a less visible direction. Going nowhere, as Leonard Cohen would later emphasize for me, isn’t about turning your back on the world; it’s about stepping away now and then so that you can see the world more clearly and love it more deeply.”

Cohen sê op 33, nadat hy elke moontlike emosionele, mediese en onwettige verdowingsmiddel gebruik het. “Hoe bitter is die Prozac pille vir die laaste 100 oggende”. Sy soeke in godsdiens eindig ook in doodloopstrate – vir hom was die genesing meer eenvoudig, dog nie maklik nie: “I learned to ignore myself”. So begin sy reis met stilte, en dit sou vir dekades aanhou. Hy gaan selfs so ver as om te sê: "nie enige hoeveelheid wyn of vrouens kan ooit vergelyk met die skat wat daar in stilte is nie."

In die tweede helfte van sy lewe gaan bly hy in ’n Zen–klooster in Kalifornië. Hy neem die naam Jikan aan, wat letterlik beteken: “die stilte tussen twee gedagtes.” Hy besoek ook op ‘n kol Gethsemani, die klooster van Merton, om respek aan hom te toon.

Om nêrens heen te gaan, soos Cohen dit beskryf het, was die groot avontuur wat sin maak van alles anders. Dis asof hy, ’n “gypsy boy” wat nooit wou stilsit binne die verwagtings wat mense gestel het nie, altyd geweet het dat dit is wanneer jy stil word, ophou beweeg, wat jy beweeg kan word op veel dieper wyses.

As U Dit So Wil (If It Be Your Will) - Koos van der Merwe


Die donker nag van die siel, so het beide Merton en Cohen geglo, kan jou die gawe van die lewe gee. Cohen was baie eerlik en het sy lewe gesing en gedig soos wat dit is. Die eerste helfte van sy lewe is hoofsaaklik toegewy aan wyn, vroue en musiek. En dan, die merkwaardige ommeswaai, of eerder die vermoë om te leer tuinmaak met al die kompos in sy lewenserf, soos in sy later jare:

"In Spite Of The Ache / In Your Heart / … / And The Fact That / After Years Of / Spiritual Rigour / You Did Not Manage / To Enlighten Yourself / A Certain Cheerfulness / Will Begin To / Arise Out Of Your Crushed / Hopes And Intentions"

In beide Cohen en Merton kom ons ‘n spiritualiteit van kwesbaarheid, van onvolmaakheid, teë. In beide ook die uitdaging om spiritualiteit en seksualiteit te ingegreer. En waar vind ons ’n meer eerlike integrasie as in die lied wat ’n globale gesang/psalm geword het. Hallelujah… Cohen sê by geleentheid oor hierdie lied:


“I wanted to stand with those who clearly see G-d’s holy broken world for what it is, and still find the courage or the heart to praise it. You don’t always get what you want. You’re not always up for the challenge. But in this case — it was given to me. For which I am deeply grateful…I can say 'to become close to Him is to feel His grace' because I have felt it”.

"Om Leonard Cohen op byna 80 te kon sien optree tydens sy wêreldtoer van Old Ideas was om die minste te sê ’n belewenis en een van genade. Om soveel stilte én lewenskrag, soveel toewyding én openhartigheid oor sy hunkerings en paniek, te kon aanskou in een mens. Om ’n stadion vol Duitsers Hallelujah te hoor sing saam met die Jood, almal se globale rabbi, was asembenewend en lewegewend. Soveel heelheid - dalk heiligheid? - te midde van gebrokenheid.

Hoekom het mense dwarsoor die wêreld hulle gehaas na hierdie konserte deur ’n monnik in sy laat-sewentigs? Miskien omdat ons almal ’n diep hunkering het na ’n plek van vertroue, van geloof waar ons kan praat en luister met iets dieper as ons sosiale selwers en kan terugkeer na ’n plek van penetrerende, deurdringende intimiteit."

Frieda van den Heever

Hallelujah - Leonard Cohen


Leonard Cohen bly sing as ’n sondaar. Hy weier om sonde as ’n mislukking of ’n diskwalifikasie te beskryf. Hy hou aan skep met en uit sy empatie met ons geskapenheid, ons menslikheid.

Die term en beeld van ‘The Unified Heart’ is die mees diepsinnige en sentrale simbool in sy werk. Dit dui op die versoening van die spanning tussen teenoorgesteldes.


Nie op volmaaktheid nie, maar gebrokenheid vanuit ‘n heilige plek - ’n heelwordende hart. Die Zen-spreekwoord geld: Before Zen chop wood, carry water – after Zen chop wood, carry water. Sy “unified heart” eggo Merton se term: “recovering Paradise” - om te beweeg na die anderkant van die skeiding tussen die sekulêre en die sakrale.

Om een kosbare mensgeworde lewe te leef. Om te besef dat ons in hierdie lewe nie die wreedheid óf die genade verdien nie. Om toe te laat dat die Ware Self, waarvan Merton so dikwels geskryf het, ons rig. Om vas te hou aan ’n “verborge heelheid” onder alles, soos hy dit genoem het. Om te glo in ’n onverdeelde liefde wat meestal weggesteek word onder ons stoflikheid. Om toe te laat dat Die Hart ons gebroke harte onderrig.

Daar is geen ander lied in Cohen se ouevre wat die ikoon van die “Unified Heart” beter belig nie. Ons sluit ons reis af met hierdie oproep tot versoening en genesing.

Come Healing - Leonard Cohen


 

Teks en belewenis saamgestel deur Frieda van den Heever en Theo Geyser.


bottom of page