top of page

Stories Na Die Opstanding: Twyfel


‘n Moontlike vraag wat die dissipels kon vra na die opstanding was: Waarom voel ons geloof dan nou soos twyfel? In Matt 28:17 lees ons, “Toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid, hoewel party getwyfel het.” Impliseer hierdie vers die dissipels het gesukkel om te glo terwyl hulle Jesus aanbid? Ek vermoed dit is so, want hierdie spanning loop die hele tyd in die dissipels en ander wat na Jesus luister, se lewe. Sommige het gedink Hy is Johannes die Doper, ander weer Elia of Jeremia (Matt. 16:13). Sy eie familie worstel oor wie Hy is (Mark 3:21). Selfs na die opstanding sien die dissipels Hom nog steeds as ‘n koning wat Israel gaan herstel! (Hand. 1:6)


Wat of wie ons soms wil hê Jesus moet wees en wie Hy regtig is, is ligjare uitmekaar en presies hier lê die spanningsveld van geloof.


Ons voel eerder veilig met ‘n Jesus wat ons self skep en kan beheer met ons eie idees. Ons beskryf dan ook ons geloof met die verwarrende term “geloofsekerheid”. Die term is ‘n oksimoron. Is dit geloof indien jy reeds seker is? Ware geloof voorveronderstel twyfel. Jy kan alleen twyfel as jy reeds geloof het. (Ek praat nie van ongeloof nie – dit is eerder die onwilligheid om te glo). Twyfel is nie die afwesigheid van geloof nie, dit is eerder die bevraagtekening daarvan.


Jesus se verkondiging is nie kwantitatief volledig en afgehandel nie en daarom is dit ook nie afgeslote nie. Johannes is duidelik hieroor (Joh 21:25): “Daar is nog baie ander dinge wat Jesus gedoen het. Maar as dit een vir een beskrywe moet word, dink ek, sou die hele wêreld nie genoeg plek vir die boeke hê nie.” Die gedagte was nooit dat God vir ons genoeg idees oor Jesus los sodat ons alles kan weet nie. As ons al die idees het, waarom het ons dan Jesus nodig? Johannes dink eerder dat die Gees wat ons in alles onderrig (Joh 14:26) en ons in die volle waarheid lei (Joh 16:13), Jesus se boodskap voortdurend nuwe gestalte gee in nuwe verkondigingsdade wat deur die krag van die Gees geskied.


Sondag twyfel ons saam! Theo praat Sondagoggend 10:00 by die Protea Hotel in Technopark in Stellenbosch en Pierre die aand 17:00 by 2 Derry str, Rondebosch (NGK Rondebosch se kerkkompleks).


Twee uitstekende boeke oor twyfel:


bottom of page