top of page

Projek EK - Bekering


Die volgende paar weke gesels ons oor 'n konsep wat jy baie sal hoor by InVia: die ware en die vals self. Noem dit sommer "projek-ek." 'n Projek behels 'n sekere onderneming, doelwit, tydsraamwerk en dan ook 'n begroting. Dit sal teologies 'n baie goeie afleiding wees as 'n mens sê dat God 'n projek met jou het, en dat die projek gaan oor die liefde wat Hy vir jou as persoon het. Hy is so lief vir jou dat Hy jou die beste weergawe van jouself wil maak wat jy kan wees. Paulus verwoord hierdie projek so: “God knew what he was doing from the very beginning. He decided from the outset to shape the lives of those who love him along the same lines as the life of his Son. The Son stands first in the line of humanity he restored. We see the original and intended shape of our lives there in him.” Rom 8:29


Ongelukkig dink ons dikwels dat die projek eerder 'n produk is en nie 'n proses nie. Ons koop ons identiteit met wat ons ry, wat ons het, of ons ruil dit uit en redigeer dit. Ons dink ook so aan bekering – dit is 'n transaksie en ek ontvang 'n nuwe "ek" of identiteit in nano-sekondes. Ons weet nie hoe ons identiteit eerder gevorm word na die oorspronklike of ware self nie. Niemand in die Bybel het blits-bekerings gehad nie. Selfs Paulus se blits-bekering was gedemp met 14 jaar voordat hy eers kon doen waarvoor hy geroep was. Almal het 'n storie van 'n nuwe "ek". Paulus sal jou herinner dat hy eers Saulus was. Petrus was eers Simon, Abraham was eers Abram, en Israel was eers Jakob.


Wat is jou naam?


Die gemene deler in al die stories in die Bybel is dat jy kan net so lank wegkruip. Dit is waar die eerste storie in die Bybel begin.


“You can't keep true self hidden forever; before long you'll be exposed. You can't hide behind a religious mask forever; sooner or later the mask will slip and your true face will be known.” Luk 12:2


Theo Geyser



bottom of page