top of page

Pelgrimstogte

"To seek God is to find Him; to find God is to seek Him" - Gregory of Nyssa

Pelgrimstogte het 'n ongelooflike sterk grondslag in beide die Ou en Nuwe Testament. Die geestelike impak van 'n pelgrimstog word dikwels in fisiese reise en ook beproewinge gemanifesteer - van Abraham se geloofsreis tot by die sendingreise van Paulus.


Pelgrimstogte dateer uit die 1ste- 4de eeu n.C. en is aangepak met die begeerte om in Jesus en die eerste Christene se voetspore te volg. Gewilde pelgrimsbestemmings was Jerusalem (plek van Jesus se kruisiging en opstanding), Bethlehem (sy geboorteplek) en Rome (sentrums van die vroeë Christendom).


Pelgrimstogte is deur individue en ook groepe onderneem. Die meeste mense het dit aangepak omdat hulle in moeilike omstandige was of met diep vrae geworstel het.  Met die totstandkoming van die kloosters in die (4de-11de eeu) het die kloosters die sentrums van die togte geword. Oorblyfsels van die Heiliges het ook belangrike bestemmings geword. Die Kruistogte (11 de-13 eeu) het opnuut die pelgrimstogte aangevuur na Jeusalem. Tydens die Hervorming is pelgrimstogte gekritiseer en die Protestante het eerder gefokus op Bybelse figure. Vandag is daar ‘n oplewing in mense wat pelgrimstogte aanpak en dit word aangevuur deur ‘n diep soeke na geestelike vervulling.


Toerisme het ook hul wortels in godsdiens ingeslaan en het ook vandag een van die grootste industrieë geword. Prof Ian Reader noem sy boek “Pilgrimage in the Marketplace” een voorbeeld: “I have seen estimates that in the early 2000s, pilgrimage to San Giovanni Rotondo in Italy [the mystic saint Padre Pio's pilgrimage site] brought the town some 35 million pounds ($56.8 million) in revenue — and it sustains the local economy.” Hierdie is maar ‘n druppel in die emmer van wat in ander lande en ook buite die Christendom aangepak word. 

Ont-dek


"Pilgrim doesn’t seek distant planets…only the light" - Pico Lyer

1. Stap jou vraag

Where the question cannot be named you express it in your body by walking it. Die vraag "Wat nou?" dui op 'n oorgangstyd wat nader. 


2. Op my eie, maar tog in gemeenskap

Om SAAM met ander in 'n liminale ruimte te wees, elkeen met sy eie rede, maar saam besig om met ons lywe 'n vraag te stap!


3. Ek word vasgehou

Dit is 'n antieke pad en daar is ondersteuning van ander wat vir my 'n gevoel van veiligheid bied indien ek bietjie ontrafel. Die wete dat daar 'n hele geskiedenis van pelgrims is wat vóór my hierdie pad gestap het, is gerustellend. Almal wat padlangs seën oor my uitspreek en elke liturgie of gebed of kerkie of wysheid van iemand wat ek ontvang, hou my vas.


4. Eenvoud binne die kompleksiteit 

" Travel not to rocket ships but into candlelight... Not a straight line but circle…never ending, always deeper. Into complexity. But ironically, while walking deeper into complexity, the pilgrim somehow finds simplicity and direction in a complex world. Stripping of all that is not essential to “me”. Pico Lyer


 5. Stap stadiger en skenk noukeurig aandag

Annie Dillard se boek: Pilgrim at Tinker Creek beskryf hoe sy pelgrimsreise rondom die stroompie naby haar huis aanpak. Dit gaan alles daaroor om noukeurig aandag te skenk aan wat daar is. Maria Paplova eggo Mary Oliver as sy skryf: "it is attention that gives the world its vibrancy, its kaleidoscopic beauty. The quality of attention we pay something or someone is the measure of our love."


6 'n Spasie van ongemak.

Doen iets wat moeilik, of 'n uitdaging vir jou liggaam sal wees! Dit is so belangrik en help om prioriteite te laat uitstaan. "Death makes a mockery of almost everything else we spend our lives doing” - Sam Harris - Verdwaal net bietjie in ‘n bos en as dit donker raak kyk hoe vinnig verdwyn al jou sogenaamde probleme en word jou ware prioriteite belig!


" It’s a journey into a deliberate trial and suffering. Discomfort. A quest of sorts…like a hero’s journey but one that surprises in outcome…almost also like you want to fail/lose."

7. Oorgawe

" The Pilgrim does not seek to conquer the landscape but to surrender to it."  Daar is 'n deurgaande postuur van luister en oopwees oor wat die pad aan my wil doen en wat na my toe kom. 


8. Alles is tydelik

'n Pelgrimstog laat mens "voel" dat alles net tydelik, verganklik, en aan die verbygaan is.  Afstandmerkertjies tel elke dag die kilometers en dae van jou Pelgrimsreis (of jou lewe) af. Mense wat jy ontmoet en dan weer op hul pad laat gaan. Landskappe wat kom en gaan. Pyne wat kom en gaan. Weer wat kom en gaan. Maar veral die dae van my lewe wat verbygaan met elke tree wat die kilometers van my Camino aftel.


9. Wedergeboorte

Enige pelgrimsreis eindig met die tema van wedergeboorte. 'n Nuwe begin. As die pad klaar is, begin daar weer 'n nuwe een. As mens in Santiago die kerk binnestap is die tekens bo die deur Alpha en Omega. Maar met die uitstap by die Suidelike deur (La Puerta de las Platerías) het hulle dit omgeruil: Omega en Alpha...want die einde is die begin. Dit sluit so mooi aan by die sirkeltema.


10. Skoonheid en die natuur

The Paradise Notebooks beskyf die reis van 'n geoloog en 'n digter wat saam met hul families vir 13 dae deur die Sierra Nevada berge gestap het. Dit is aangrypend opsigself! Die volgende aanhaling uit The Paradise Notebooks is treffend: 


"There is nothing more powerful than the movement toward beauty. As we walked, this thought sustained us. What we needed was to keep moving: one more day, and in each day, all day, one more step. It struck me as the simplest rule of life and of reflection: keep moving.

Stay in readiness. Cultivate openness, clarity, affection, an easygoing revelry of the senses, a trust in our luck that we are here on earth at all, that we have this moment at all.

Movement along a trail is movement within the mind. In the long run, the revelation of beauty is not a matter of chance: it is the centermost surety in life."


Die verwantskap tussen die natuur, skoonheid en stap word in die The Paradise Notebooks beskryf: 

"Beauty matters because it swings open the doors of perception, and it is by seeing — by taking in what is there, incorporating it into our inner world — that we can begin to comprehend and connect, out of which the sense of belonging arises. Nightingale reflects:


This is true for everyone, wherever we are: what we see is the preface to what we can see. Beyond that preface, with work and love, is what we can come to understand. If we can understand, then we can live. In the Sierra, we understood that we might, after all, belong here with tree and rock and time and light. We might, for a brief spell of years, have the luck to find a home here by following the beauty that beckons us."


Dit is nie net die skoonheid van die natuur nie, maar, terwyl ek myself blootstel deur te stap in die natuur besef ek ek is deel daarvan. Die natuur het 'n invloed op my, dit kan ook gevare inhou en tog is ek déél daarvan.


Ont-leer

1. Novelty

2. Toerisme aktiwiteit

3. Vind van vinnige en maklike antwoorde


Ont-moet


"The real voyage of discovery consists not in seeking new landscapes, but in having new eyes." Thomas Merton

Wat kan ek  prakties doen om my eie pelgrimstog aan te pak?


  1. Wees intensioneel. 

  2. Kies jou bestemming of pelgrimsplek.

  3. Dink aan rituele waarmee jy gemaklik is (joernaal, meditasies, fotografie, simboliese aksies, simbole wat jy saamdra, ens.) wat jy wil saamneem op die reis. 

  4. Wees oop vir die onbeplande. 

  5. Reflekteer en integreer.





Luister


Ervaar













bottom of page