top of page

Liefde Wen: Wees Lief Vir Ander


Die meeste van ons strewe daarna om aan die einde van die dag dinge, take, lysies, mense (???) af te tiek. Dood te trek of ten minste 'n regmerkie langsaan te maak. Dis weg of reg. 'n Sin van vergenoegdheid, van genoeg-doen-ing. Om ons kop op die kussing te kan neerlê en te dink ons het vandag ver genoeg gereis en genoeg gedoen. Dis hoekom meeste mense sukkel om daai gevoel na te jaag of te herskep as hulle aftree of vir 'n tyd lank werkloos is of dalk vir 'n paar maande "net" na 'n baba moet kyk (kraamverlof) of na kinders moet omsien. Dis wanneer ons leer dat menswees gewoon meer móét wees as lysies en genoegdoening. Daar móét 'n groter agenda wees. Een wat nie onderhewig is aan verdienste nie. Een waarvan jy nie kan aftree, bedank of afgedank word nie. Hierdie "agenda" het 'n naam: LIEFDE.


Paulus skryf (en die Message vertaal dit so):

"Go after a life of love as if your life depended on it - because it does!"


Liefde is die vervulling van alles wat ons mens maak. Alles wat ons doodmenslik maak. Alles wat ons lewe gee. Die vermoë om diep om te gee vir ons self en ander en om hulle belange bo ons eie te stel is die sluitsteen van siels- en geestelike ontwikkeling. Alle sielkundige en geestelike probleme verteenwoordig, in een of ander vorm, 'n gebrek aan liefde. Alle beweging na werklike heelheid stem ooreen met groei in liefde. Liefde belyn ons met die oorspronklike ontwerp van die heelal.


James Olthuis beskryf die kosmiese dinamika van liefde so:


"To live is to let love well up and stream through us as the beat, pulse, and rhythm of our lives, connecting us to ourselves, our neighbours, the whole family of earth's creatures, and God, the alpha and omega of love. To love (which is to live) is to be seeking, fostering, and sustaining connections with that which is different and other - without domination, absorption, or fusion, in delight, in care, in compassion."


Omdat God liefde is, en ons as mense in God se beeld geskep is, is ons gemaak van liefde, ín liefde. Liefde is wie ons ís. Liefde is nie, eerstens, iets wat ons doen nie.

Om lief te hê en liefgehê te word (of nie) maak ons mens (of nie) ...


"It is in heeding the call of love - in making life-affirming connections - that we become human ... Loving is not merely one thing among others that we are called to do - an extraordinary achievement, a heroic gesture that completes ordinary acts and raises them to a higher level. Love is not an additive, a spiritual supplement reserved for saints ... Loving is of the essence of being human, the connective tissue of reality, the oxygen of life."


Jou genoegdoening, genoeg wees, lê in Liefde.


Liefde het 'n onafwerkbare agenda. Selfs as jy met jou silwer hare in jou goue jare is. Selfs as jy voel jy't niks vandag bereik behalwe die vuil doeke wat jy beruik het nie. Selfs al voel jou "9-5" werk doelloos en leeg. Veral dán ... lê jou toe op die liefde.

bottom of page