top of page

Geringe Helde: Thomas Merton - Waar Of Vals?


Vir Thomas Merton beteken spiritualiteit om weer te dink oor wie God is en om jou lewe aan gebed te wy. Hy sou dink om jou eie spiritualiteit as ‘Bybels’ te verklaar, effe arrogant is. Die vroeë kerk het immers meer as een spiritualiteitstipe verteenwoordig soos byvoorbeeld 'n Joods-Christelik en heidens-Christelike spiritualiteit. Dink maar aan die spanning tussen die gemeentes van Jerusalem en Antiochië waar hierdie verskillende spiritualiteite teenwoordig was.


Wanneer jou spiritualiteit as die enigste beskou word wat Bybels en reg is, is die implikasie dat ander oortuigings beveg moet word. Jy kry God nie in dogmatiese gimnastiek, in die natuur of in kennis oor Hom nie, maar slegs in suiwer liefde waar God verstaan en beleef kan word.


Vir hom was gebed ‘n vuur wat alles wegbrand wat ons keer om God lief te hê.

Thomas was onderleg in die Benediktynse orde wat geglo het dat gebed is brevis, pura, en frequens: kort, suiwer en gereeld. Want as ons iets  van God vra, weet God dit alreeds! (Matt 6:8) Meer as die dinge wat ons God moet vertel of vra, is dit belangriker dat ons God in liefde moet ontmoet. Uit ontmoeting word vertroue gebore waar ons God se leiding vir ons lewe ontdek.


Ek gesels Sondag oggend om 10h00 by Woodmill Lifestyle Market (www.thewoodmill.co.za) oor wat Thomas Merton sou leer oor hoe die Heilige Gees ons lei in gebed om die ware van die vals te onderskei. Pierre sal laatmiddag by NG Rondebosch om 17:00 aan die woord wees.

bottom of page