top of page

die spasies tussen ons


"Alles is deur Hom en vir Hom geskep. Voor alles was Hy al daar, en deur Hom bly alles in stand." Kol 1:16-17


Vir die eerste keer voel ons almal die groot verlies aan menslike interaksie. Iemand sê gister vir my dit voel vir hom soos oorlog, waar almal vreesbevange nou moet wegkruip vir een van gevaarlikste vyande wat reeds alomteenwoordig geword het.


Maar al kruip ons weg, bestaan ons geliefdes tog. Soms voel jy hulle. Ek ervaar dit elke keer met Onderskeidingstydperke van 11 dae in die berge - die vriendskappe en verlange voel ewig, en dit voel asof die persone permanent teenwoordig is in jou lewe! Parker Palmer noem dit ‘n “community of solitudes.” Geen ware vriendskappe kan bestaan sonder die stiltes tussen ons nie, omdat die stilte ons op ‘n nuwe manier heg aan mekaar.


Hoe kan ons die spasies tussen ons seën? Een moontlikheid is om die isolasie nie te beveg nie, maar om dit eerder te omhels. Wanneer ‘n vertrek te veel goed in het, verloor die plek of ruimte sy krag. Wat kan ons nou anders van mekaar sien, ontdek en waardeer nadat die spasie oop en vry is? Ons moet uitvind hoe om anders te wees in hierdie nuwe spasie met mekaar. Paulus se idee is mooi: Alhoewel ons God nie kan sien nie – hou hy die spasies tussen ons in stand!


Geloofsoefening:


Seën die spasies tussen jou en jou geliefdes.


Dink aan iemand waarvoor jy lief is maar by wie jy nie nou kan wees nie. Noudat die ruimte tussen julle ‘skoon’ is, wat mis jy die meeste? Noem dit op en maak ‘n lysie van alles wat jy waardeer en mis, en sê dit in gebed aan die persoon.


Vir gesinne: Kom ons sê vir mekaar wat mis ons van mekaar wanneer ons nie bymekaar is nie.


Herhaalgebed:


Here, dankie dat U alles in stand hou.


Skakel om 10:00 in vir ons Oggenddiens op Youtube of Facebook.

bottom of page